top of page
Foot Tracks on Sand

7 Dodelike Sondes

Die sewe dodelike sondes, meer korrek genoem die sewe hoof sondes, is die sondes waarvoor ons die meeste vatbaar is as gevolg van ons gevalle menslike natuur. Dit is die neigings wat veroorsaak dat ons alle ander sondes pleeg. Hulle word "dodelik" genoem, want as ons gewillig met hulle besig is, ontneem hulle ons van heiligmakende genade, die lewe van God in ons siele.

​

Vrye Vertaling : Nita Kearney

​

--Erkenning :  Jack Wellman / What Christians wants to know

Pink Gradient

1 : Hoogmoedige oë (Trots)

Hoogmoedige oë is in wese mense wat neersien op ander. Hulle is vol van die eerste sonde wat ooit opgeteken is, nog voordat die mensdom geskep is: Hoogmoed . Trots was die oorsaak van Lucifer se val wie se naam later verander is na Satan of die Duiwel soos opgeteken in Esegiël 28:17: “ Jou hart het trots geword vanweë jou skoonheid, en jy het jou wysheid verwerf deur jou prag. Daarom het ek jou op die aarde gegooi .” Lucifer het “ligdraer” beteken, want hy was die grootste van al die engele wat God geskep het, maar hy het trots geword en wou die troon van God inneem. Hy is neergewerp en het bekend geword as Satan, wat in Hebreeus teëstander beteken en ha-Satan, die aanklaer. Die Duiwel se naam beteken letterlik “lasteraar” in Grieks. Vandag word gesê dat Satan die broeders (die kerk) dag en nag voor die troon van God aankla ( Op. 12:10 ).

​

Hoogmoedige oë is oë vol trots en hoogmoed is eintlik die wortel van alle sonde. Daarom word dit eerste gelys, want hoogmoed is eerstens inherent aan alle sonde. Hoogmoedige oë is oë wat neerhalend na mense kyk. Hulle kyk op 'n arrogante manier na ander as minderwaardig en sien hulself as verhewe bo ander. Dit is hoekom God dit haat. Hoogmoed het Satan se val veroorsaak en die Bybel sê: “ Trotsheid gaan voor vernietiging, en 'n hoogmoedige gees voor die val ” (Spreuke 16:18). Dit is presies wat met Satan gebeur het en wat steeds gebeur met mense wat spog,  en arrogant is. Hoogmoed en boosheid word in God se oë saamgevoeg soos geskrywe is: “ Die vrees van die Here is haat vir die kwaad. Hoogmoed en arrogansie en die weg van boosheid en verdraaide spraak haat Ek ” (Spreuke 8:13). Hoogmoed kom nie net voor 'n sondeval nie, God haat dit, want “ God staan die hoogmoediges teë, maar gee genade aan die nederiges ” (Jakobus 4:6).

Abstract picture

2 : 'n Leuenagtige tong : Spreuke 6:17

God verafsku 'n leuenagtige tong en in werklikheid is alle leuenaars bestem om in die Tweede Dood in die poel van vuur gewerp te word (Op. 21:8). Dit is die finale plek vir die duiwel en al sy gevalle engele (demone). Hierdie plek is 'n plek van oneindige, ewige pyniging. Weereens gaan ons terug na die eerste en vernaamste afskuwelike ding wat God haat: Hoogmoed. Wanneer ons lieg, wil ons onsself goed laat lyk, verskonings maak omdat ons nie die regte ding doen nie, ons beskuldig ander dikwels van iets wat hulle nie gedoen het nie –  om ons beter te laat lyk. Die hoofoorsaak van leuens en eintlik alle sonde is hoogmoed. Ons mislei ander maar ons mislei nie God wat die hart deursoek en ons bose bedoeling ken nie (1 Konings 8:39, 1 Kron 28:9, ens.)

​

Ons dink dat klein "wit leuens" skadeloos is, maar 'n leuen is 'n leuen. Dit is soos iemand wat sê dat hulle 'n bietjie swanger of 'n bietjie dood is.  Lieg maak die persoon wat die leuen vertel seer, maar dit maak ook ander seer soos Spreuke 25:18 sê: “ Soos 'n stok of 'n swaard of 'n skerp pyl is iemand wat valse getuienis teen 'n naaste gee .” Dit klink glad nie skadeloos nie. Jakobus erken daardie krag van die tong wat sê: “ Die tong is 'n klein deel van die liggaam, maar dit maak groot skade. Dink aan watter groot woud deur 'n klein vonkie aan die brand gesteek word. Die tong is ook 'n vuur, 'n wêreld van boosheid tussen die dele van die liggaam. Dit bederf die hele liggaam, steek die hele lewensloop van 'n mens aan die brand en word self deur die hel aan die brand gesteek” (Jakobus 3:5-6). Verder sê hy: “Alle soorte diere, voëls, reptiele en seediere word getem en is deur die mensdom mak gemaak, maar geen mens kan die tong tem nie. Dit is 'n rustelose euwel, vol dodelike gif. Met die tong loof ons ons Here en Vader, en daarmee vervloek ons mense, wat na God se gelykenis gemaak is. Uit dieselfde mond kom lof en vloek. My broers en susters, dit moet nie so wees nie ” (Jakobus 3:7-10).

Abstract picture

3 : Hande wat onskuldige bloed vergiet

‘n Goeie voorbeeld was die bloed wat deur Jesus Christus gestort is. Die vlekkelose, sondelose, volmaakte Lam van God, Jesus Christus, is deur skuldige hande vermoor. Hy was heeltemal onskuldig maar diegene wat Sy bloed vergiet het was heeltemal skuldig en sondig. Vir my is aborsie die vergieting van onskuldige bloed. 'n Kind is in die baarmoeder van 'n vrou en weerloos – heeltemal onskuldig, tog word 42 miljoen aborsies elke jaar in hierdie wêreld uitgevoer en 1,37 miljoen per jaar in die VSA. Hy het ons in die moederskoot by die naam geken ( Jeremia 1:5-10 ).

​

Vandag word onskuldige bloed vergiet deur inbrake wat  geweldadig word, moord lustigheid, of om iemand te oorreed om dwelms te koop en verslaaf te raak daaraan, beïnvloeding van ander om te drink (en dan om te bestuur), dronk bestuurders wat onskuldige slagoffers vermoor, huweliks mishandeling en moord, en die lys gaan aan en aan.

​

Jesus het gesê dat ons in ons hart moord pleeg as ons iemand haat (Matt 5:21-26). Waarlik geen mens is onskuldig voor God nie maar God  sê dat Hy diegene verafsku wat onskuldige bloed vergiet en bedoel Hy dat misdadigers en alledaagse mense die bloed vergiet van ander wat nie verdien het om te sterf nie. God alleen is die outeur en gewer van lewe en net Hy het die reg om 'n lewe te neem.

​

Ook hier is trots 'n kern oorsaak van moord. Woede behels dat iemand anders iets doen waarvan ons nie hou nie of wat ons  iemand wil ontneem van omdat hulle meer het as ons. James stel moord se motiewe baie goed gelyk deur te sê: “ Wat veroorsaak gevegte en rusies onder julle? Kom hulle nie van jou begeertes wat in jou stry nie? Jy wil iets hê, maar kry dit nie. Jy maak dood en begeer, maar jy kan nie kry wat jy wil hê nie. Jy stry en baklei. Jy het nie, want jy vra nie vir God nie. As jy vra, ontvang jy nie, want jy vra met verkeerde motiewe, sodat jy wanneer  jy dit kry, dit aan jou plesier kan bestee ” (Jakobus 4:1-3).

​

Abstract picture

4 : Voete wat haas om die bose in te jaag

Dit is 'n persoon wat maklik instem om saam met ander  of alleen, 'n bose daad te onderneem of om 'n vinnige besluit daartoe te neem om iets skadeliks aan 'n ander persoon te doen.

​

As hul voete vinnig na die bose loop, is hulle reeds geneig, of reeds van besluit oortuig om ander te wil beroof, moor, seermaak, lieg of te bedrieg. Hulle hoef nie daaraan te dink nie. Hulle is haastig  om iets te doen waar hulle 'n maklike geleentheid sien.

​

Hulle spring vinnig op hul voete om voordeel te trek uit iemand in 'n kwesbare posisie, soos iemand wat hul beursie op 'n restaurant tafel los of iemand se beursie op die vloer kry en jaag om dit op te tel en dit vinnig vir hulself te vat.

'n Persoon wat nie eers daaraan hoef te dink om iets verkeerd te doen nie, is altyd vinnig om die daad te pleeg. Hulle jaag daarna, en dink nie eers aan die gevolge nie, so hulle is waarskynlik nie 'n Christen nie en hulle het geen oortuiging van die Heilige Gees om twee keer daaroor te dink nie.

​

Hul enigste doelwit is maklike geld of 'n maklike teiken. Hulle stop nie en dink daaroor nie – hulle hardloop vinnig om voordeel te trek uit 'n situasie.

Die menslike hart, sonder die Heilige Gees, is desperaat boos en dink niks daarvan om die kans te gebruik om iets verkeerd te doen nie (Jeremia 17:9). 'n Christen moet hulle gewete bestry omdat God se Gees hulle gedrag in bedwang hou en hulle laat dink oor die gevolge, en is geneig om nie die kans te gryp om iets te doen wat hulle weet inherent verkeerd is nie .

Abstract picture

5 : 'n Valse Getuie  (hulle wat leuens vertel)

Weereens gaan ons terug na die wortel van alle sonde: Hoogmoed. 'n Trotse persoon is vinnig om oor ander te lieg om hulself beter te laat lyk. As hulle ander vals beskuldig, kan hulle ander ook blameer vir iets wat hulle gedoen het of iets wat hulle nie moes gedoen het nie.

​

Ek het gehoor dat dit baie keer in die werkplek voorkom. Sommige sal voortdurend ander by die werk blameer vir hul eie gebrek aan verantwoordelikheid. Wanneer dinge verkeerd loop, is hulle altyd vinnig om vinger te wys. Dit is wat een medewerker van my gesê het: “Hulle het my onder die bus gegooi.” Dit beteken dat hulle die skuld gekry het vir iets wat hulle nie gedoen het nie en waarvoor hulle nie verantwoordelik was nie, sodat die leuenagtige persoon soos 'n beter werker kan lyk.

​

Hulle versuim om die skuld te dra vir iets wat hulle moes gedoen het of eintlik gedoen het om 'n onskuldige persoon aan te kla wat nie teenwoordig is om hulself te verdedig nie.

​

Hierdie tipe gedrag is uiters skadelik vir maatskappy moraal en verlaag die waardigheid van medemens.

​

'n Vals getuie sal in die hof lieg, miskien selfs met die risiko van meineed, net om uit 'n misdaad te kom wat hulle gepleeg het, terwyl die skuld op 'n onskuldige party beoordeel word. 'n Persoon wat "leuens uitstort" verloor mettertyd alle geloofwaardigheid en uiteindelik sal mense geneig wees om niks te glo wat hulle sê nie.

​

Leuens haal 'n mens in want hulle moet ander leuens vertel om die eerste een te bedek en baie keer raak hulle so vasgevang deur hul baie leuens dat dit soos 'n vlieg word wat in 'n web vasgevang is. Hul web raak so deurmekaar met hul baie leuens dat dit dikwels vergete  raak  en dan kom dit terug om hulle seer te maak.

​

​

Abstract picture

6 : 'n Hand wat goddelose skemas uitdink

Wanneer 'n persoon moord gepleeg het, is onwillekeurige manslag gewoonlik 'n mindere aanklag van moord met voorbedagte rade. Die betekenis van voorbedagte rade is dat die moordenaar lank voor die tyd beplan  het voordat hulle die daad gepleeg het. Hulle het vooraf bepaal om iemand dood te maak, so 'n persoon ('n hand) wat goddelose (bose) planne uitdink (voor die tyd beplan) (vooraf bepaal) is 'n persoon wat God haat.

​

Koning Dawid was so 'n man en God het Natan gebruik om hierdie euwel aan Dawid uit te wys. Dawid het hom wel bekeer (Psalm 51), maar Dawid het voor die tyd beraam hoe om van Uria ontslae te raak sodat hy met Batseba kon trou wat reeds swanger was deur Dawid in 'n owerspelige verhouding.

​

Ongelukkig gee koning Dawid vir Uria bevele vir sy bevelvoerder van die leër, Joab. Dawid het Uria met die boodskap na Joab gestuur, so Uria dra in wese bevele aan Joab vir sy dood. Dawid het duur daarvoor betaal, om sy seun en sy huwelik en gesin te verloor, en sou vir altyd opstand, gesin skemas, onrus en uiteindelik die dood van sy ouer seun Absalom in die gesig staar.

​

Enigeen wat voor die tyd beplan om kwaad te doen, is 'n hand wat goddelose planne uitdink. Dit sal die inbraak van huise insluit wat weet wanneer die bewoner(s) vertrek, of 'n inbraak nadat 'n winkel gesluit het,  sabotasie, wag in 'n donker stegie om iemand te beroof, of 'n vrou agtervolg om haar te verkrag of dood te maak. Enigiemand wat voor die tyd beplan om iemand kwaad  aan te doen, is 'n persoon teen wie God persoonlik gekant is en almal sal eendag rekenskap gee vir elke bose daad wat hulle in hul leeftyd doen (Matt 12:36, Romeine 2:6).

​

Vir diegene wat wedergebore is, hulle het reeds hul oordeel gehad en is onskuldig verklaar as gevolg van Christus se versoeningsoffer. God sien dat hulle Jesus se geregtigheid toegereken het. Diegene wat nie in Jesus Christus geglo het en Hom as hulle God en Verlosser  het nie, sal die Groot Wit Troon Oordeel in die gesig staar en rekenskap gee vir al hulle lewens dade (Openbaring 20).

Abstract picture

7  : 'n Persoon wat konflik aanwakker

Hierdie laaste maar nie die minste sonde is een wat baie kerke verdeel.  Skinder is een manier om konflik aan te wakker en selfs die intiemste vriendskap verdeel. 'n Persoon wat hierdie konflik aanwakker, is soos 'n persoon wat petrol op 'n vuur gooi wat ander probeer blus.

​

Dit is soos om ou kwessies op te haal wat dalk opgelos is, maar hierdie persoon herinner jou oor die kwessie oor en oor. Wanneer hulle dit gedurig na vore bring is dit  soos vuurkole en word dit al hoe warmer, en breek uiteindelik uit in ‘n onuitblusbare vuur.

​

Die persoon wat voortdurend konflik aanwakker, is ook 'n persoon wat vol trots is. Hulle moet konflik veroorsaak sodat hulle as 'n persoon bo verwyt beskou word. Hulle kan sê dat hulle ten minste nie konflik het nie, maar in werklikheid doen hulle niks om dit op te los nie, maar doen alles om dit te vermeerder.

Paulus het baie probleme hiermee gehad en 'n persoon wat konflik aangewakker het, sou uitgesit gewees het omdat hulle die kerk – die Liggaam van Christus – verdeel en dit is 'n ernstige sonde vir Jesus wat die Hoof van die kerk is.

​

Dit verg nie baie om 'n vuur weer aan die gang te kry nie en Paulus het geen klein konflikte in die Korintiese kerk gehad as gevolg van konflik nie. Die King James Version stel dit as " hy wat onmin onder broers saai " so die sonde in hierdie vers praat blykbaar presies van die gemeente of in die Ou Testament, die gemeenskap - in beide gevalle is dit ewe skadelik (Spreuke 6:19) ). Wanneer daar verdeeldheid in die kerk is soos daar in die Korintiese kerk was (1 Korintiers 12, 13), dan word die saak van Christus en Sy getuienis seergemaak en sal God die wat verantwoordelik is nie ongestraf laat nie. Weereens, hierdie sonde is gewortel in trots omdat niemand skinder om 'n ander te help of konflik aanwakker om ander goed te laat lyk nie. Wanneer ons konflik aanwakker, wil ons onsself beter laat lyk in vergelyking.

​

Hoogmoed is die wortel van alle sonde, maar wanneer hoogmoed kom, val die persoon ook uiteindelik en dit kan vinnig en pynlik wees.

​

Jesus is die Hoof van die kerk en Hy sal nie toelaat dat die suurdeeg van sonde deur die kerk dring om die Bruid van Christus skade aan te doen nie. Net soos trots Satan se val veroorsaak het, kan dit ook 'n gelowige se val veroorsaak. Dit was die eerste sonde in die geskiedenis van God se skepping en dit is vandag steeds aan die wortel van alle sonde en daarom word dit eerste in die sewe doodsondes gelys. Mag dit nooit teenwoordig wees onder die kinders van God nie.

bottom of page