top of page
Smokey Blossom

K R U M M E LS

Jou daaglikse woord van wysheid uit die Bybel, bemoediging vir jou lewenspad met Jesus.

18.09.24

​​

JOU VERTROUE GERIG OP GOD

 

Al te dikwels word ons denke vertroebel deur die dinge wat ons fisies waarneem. Dit veroorsaak dat ons perspektief verloor en fokus op dit wat die oog waarneem instede daarvan om die geloofs oortuiging  te handhaaf in dit wat die oog nie sien nie, maar wat in die geloof die goedertierenheid van God, in elke situasie, openbaar. Geloof is  dit wat jy nie wesenlik aanskou nie maar in jou geestelike wandel aanvaar. JMK

​

2 Korinthiërs 5:7
‘Want ons wandel deur geloof en nie deur aanskouing nie.’


- Die lewe kan nie altyd vanuit 'n rasionele perspektief geleef word nie.
- Daar is baie dinge waaroor ons God moet vertrou en deur geloof moet lewe.
- Ons moet lewe gebaseer op die fondament van ons geloof en vertroue in God.
- Ons moet konsekwent en met vertroue in God en Sy beloftes glo.

Vader, dank U dat ek elke dag kan lewe wetende dat ek op U Woord en U getrouheid teenoor my.kan vertrou. Help my om nie deur dit wat ek om my sien afgelei te word nie, maar mag ek voortdurend op U en U goedertierenheid teenoor my vertrou.

Amen.

​

​​​

Alive to God

bottom of page