top of page

Barmhartigheid


Act of Mercy

U, o Here, sal u barmhartighede van my nie terughou nie; laat u goedertierenheid en u trou my altyddeur behoed. Psalm 40:12


Vandag dwaal my gedagtes na die woord “barmhartigheid” en wat dit in werklikheid beteken vir jou en vir my.


Barmhartigheid is ‘n ‘geestelike ervaring’. Dit word omskryf as die vrywilligheid, sagtheid van hart en vriendelikheid wat die siel van die mens beweeg om spreekwoordelik die ‘pyn en lyding’ as deel van jouself te ondervind, en sodoende onvoorwaardiglik in aksie te gaan om die lyding van ander te verlig!


Dit is uitsluitlik ‘n kenmerk van die “kinders van God” omdat God self “ryk is in barmhartigheid” (Ef.2:4).

Die skrif is vol van beskrywings van die barmhartigheid van God wie se “barmhartigheid nooit tot ‘n einde kom nie” (Klaagl.3:22).


Hy het Homself aan Moses geopenbaar as “die Here, ‘n barmhartige en genadige God” (Ex.34:6) Dieselfde gevoel van barmhartigheid wat deur die Allerhoogste aan ons geopenbaar word, as sondige mens, en ons in Sy Liefdevolle Arms toevou in ons tye van swaarkry, daardie gevoel inhibeer die hart van die “geseëndes” van God sodat diegene wat daardie gevoel van God ontvang, gekenmerk word deur ‘n hart van genade teenoor diegene wat ly en wat verligting en vertroosting nodig het!


Maar die vraag is “waar kom die barmhartige hart vandaan?” aangesien ons van nature ‘n self-geabsorbeerde en verhardheid besit teenoor ander!

Dit is nie die behoeftes van die lydendes wat ons beweeg nie en alhoewel, sommige wat nie God se Genade ervaar het nie, self soms ‘n soort barmhartigheid toon of uitspreek. Hierdie soort "barmhartigheid" is nie blywend van aard nie. Dit is alleenlik blywend in die harte van diegene wat "geseëndes" van God is!


Hoe word mense dan ‘n ‘geseënde’ van God? Ons verwys na 1 Pet.1:3. Hierin is die kern van barmhartigheid naamlik, “volgens die groot barmhartigheid van God wat ons gewederbaar het; daardeur verwek Hy die genade in die hart van God se mense, wat op hulle beurt, Goddelike bonatuurlike werk weerspieël in barmhartigheid teenoor ander”.


Omdat God ons, as sondaars, barmhartig was en Sy Genade oor ons uitgestort het, (1 Petrus 1:3) ons sodoende uit ons jammerlike toestand geruk het en ons “genade onbeskryflik groot” gebied het, moet ons dieselfde aan ander doen! (Lukas 6:36).


Hoe weet ons iemand het ‘n hart van barmhartigheid?


Dit word gedemonstreer deur hulle lewenstyl want sodra die mense daardie ‘genade van God’ ontvang het, sal dit vir ewig deel wees van hulle lewenswandel hier op aarde. Wat baat dit die mens om barmhartig te wees? God belowe dat “Hulle sal barmhartigheid ontvang” as ‘n grondslag vir Sy Seën op ons lewe! (El Rachum – Deut. 4:31).


Is daar enige groter seën as om te weet dat die genade van God vir ewig op jou sal rus?


Dink daaraan en ondersoek vandag jou eie barmhartigheid teenoor ander, en maak die regte besluit sodat jy ook Sy ewige Seën mag ontvang terwyl daar nog tyd is! Draai van dag nog na Hom, jou Saligmaker en Verlosser!


Shalom


Erkenning : Gary Steward – Tabletalk Magazine June 2017


Dr. Gary Steward is associate professor of history at Colorado Christian University. He is author of several books, including Reforming Culture: J.W. Alexander's Christian Approach to Social Reform.


Gasskrywer: Nita Kearney



Bybelverse


Maar gaan leer wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie; want Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering. Matteus 9:13


Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het, ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus — uit genade is julle gered. Efesiërs 2:4-5


Wees my genadig, o God, na u goedertierenheid; delg my oortredinge uit na die grootheid van u barmhartigheid. Was my heeltemal van my ongeregtigheid en reinig my van my sonde. Psalm 51:3-4


Want die Here julle God is genadig en barmhartig, en Hy sal die aangesig van julle nie afwend nie as julle jul tot Hom bekeer.2 Kronieke 30:9b



Hebrews 4:16



9 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating
bottom of page