“Waarlik, God is goed vir Israel, ook vir die wat rein van hart is. Maar wat my betref, my voete was amper weg; my treë het byna gegly. Want ek was jaloers op die dwase toe ek die voorspoed van die goddelose gesien het.” --Psalm 73:1-3
Hierdie spesifieke Psalm, saam met elf ander, word toegeskryf aan Asaf, 'n Leviet wat as die hoof musikant by die tempel gedien het. Na baie jare van getroue diens het Asaf begin wankel in die geloof. Met 'n swaar hart sê hy: "My voete was amper weg, my treë het byna gegly." Die meeste gelowiges kan hiermee verband hou met dieselfde stryd in hul eie lewens. Trouens, dit is 'n baie algemene probleem.
Hoe algemeen is dit nie in elkeen of altans meeste van ons se lewenswandel vandag nie!
Die struikelblok in ons lewens “afgunstigheid” teenoor die voorspoed van andere in vergelyking met jou eie sukkel bestaan! Ons vergelyk onsself met die glans bestaan van ander, wanneer ons hulle voorspoed waarneem (PS 73:1-3)” Hulle het meer as wat die hart kon wens” (vers 7), alles is aan hulle oorhandig op ʼn silwer skottel. Die mees ontstellendste was dat hulle voorspoed verkry deur korrupsie en geweld! (Vers 6,8). Dit, terwyl Asaf dag in en dag uit gearbei het vir kos op sy tafel. Julle ken die gesegde, “die rykes word ryker en die armes word armer.”
Die ryk mense van daardie tye, soos vandag, het nie belang gestel in God nie (vers 11) en dan nog verder, die hemele was stil! Die Psalmdigter is van die opinie dat hy geteister word deur God. Dit het hom laat voel of alles tevergeefs was, ook om sy hart te reinig! Dit was vir hom pynlik om te verduur.
Maar, “totdat ek in die heiligdom van God ingegaan het; toe het ek hulle einde verstaan. Waarlik U het hulle op gladde plekke gestel, U het hulle in die verderf neer gewerp. Hier word hulle in ‘verwoesting’ gebring soos in ʼn oomblik! Hulle is heeltemal verteer deur verskrikkinge” (PS 73:17-19)
Het dit al ooit met jou gebeur dat jy uit ʼn nagmerrie wakker skrik en dankbaar is dat dit nie die waarheid is nie?
Vir die goddelose is die nagmerrie wat hier beskryf word baie werklik. Die Psalmdigter se “voet het amper gegly” maar hy is deur God se genade en barmhartigheid in redding gespaar, maar die glybaan van die goddelose is ʼn werklikheid aan die einde van sy bestaan hier op die aarde!
Volgende keer as jy miskien somber voel oor die vooruitgang van die goddelose in sy aardse bestaan, onthou Psalm 73! Erken God se plan en Barmhartigheid in jou lewe!
Vertaling deur : Nita Kearney
Taken from: Two Minutes with the Bible, When things look bleak,
by Pastor Paul M. Sadler / November 17, 2022
Comments