“Ek het geleer in watter situasie ek ook al is om tevrede te wees “ (Filippense 4:11)
As ‘n gelowige, sal ons beproewinge en allerhande toetse in ons geloof ondervind. Dit is sekerlik een van die dinge wat elkeen van ons al mee kennis gemaak het in ons wandel hier op aarde! Die vraag is natuurlik, hoe gaan ons op hulle reageer?
Daar is verskeie maniere wat ons as mens probeer om beproewinge te trotseer maar grootendeels, tydens hierdie stryd wanneer ons getrotseer word, moet ons waak dat ons nie ons geestelike groei benadeel nie.
Op watter manier kan ons geestelike groei benadeel word? Die volgende mag jou help om dit te identifiseer en te waak daarteen.
Ons humeur
Waneer beproewings druk op ons uitoefen, is ‘n algemene tendens om humeurig te word. Onthou dat ons almal maar humeurig word met tye, en dat die uitbarstings maar vlak lê om met tye tot uitbarsting te kom. Onderdrukte humeur sal tot uitbarsting kom en gaan ons dinge laat sê of doen waaroor ons later spyt gaan wees! Onthou, ons kan nie iets “onpraat” nie, as dit uit is, is dit soos ‘n klomp vere wat jy laat waai in die wind, jy kan dit nooit weer terug kry nie!
Om jou humeur te verloor, is om op te tree soos die wêreld, ons sien dit daagliks, woede uitbarstings, fisiese en emosionele skade aan ander en selfs moord. Maar, as ‘n gelowige, die hantering van jou humeur berus op ‘n grasieuse openbaring wat klaarblyklike blywende vertroue in die Soewereiniteit van God het. Dis is wat ons ten tye moet weerspieël aan die wêreld daar huite.
Ons weet dat alles ten goede meewerk vir hulle wat volgens Sy voorneme geroep is (Romeine 8:28). Ons vertroue is in Hom in die wete dat wat ookal gebeur, dat dit die aanvaarbare wil van God is en ons gaan saam met die stormwinde en gaan nie teen Sy Soewereiniteit nie!
Ontevredenheid
Woede is eintlik maar net ontevredenheid op steroide! Dit gaan hand aan hand met trots!
Ons verwys hier nie na regverdige verontwaardiging nie want daar is tye wanneer ons moet kwaad word vir, soos byvoorbeeld mishandeling van mens en dier. Jakobus het geskryf dat “die toorn van die mens nie die geregtigheid van God voortbring nie” (Jakobus 1:20-21)
Hierdie woede uitbarstings kan jou geestelike groei vernietig want jy sal keer op keer moet om verskoning vra, en dit kan jou Christelike getuienis vernietig en ook jou geestelike groei doodmaak. 1 Timótheüs 6:6 sê dat “godsaligheid saam met vergenoegdheid ‘n groot wins is”. As ons kyk na Paulus dan sien ons dat hy deur meer beproewings gegaan het as enigiemand anders en tog sê hy “Ek het geleer in watter situasie ek ook al is om tevrede te wees “ (Filippense 4:11) Ongelukkig kan jy nie leer om tevredenheid te beoefen voordat jy nie eers deur beproewings gaan nie. Tevredenheid word alleen gevind in die beloftes van God!
Selfsug
As iemand die besittings van die wêreld het en sy broer sien in nood, maar tog sy hart teen hom sluit, hoe bly God se Liefde in hom” (1 Johannes 3:17) God se Woord beveel ons om nie net na ons eie belange om te sien nie, (Filippense 2:4) Ons moet anders wees as die wêreld wat net sy eie belange nastreef. (Filippense 2:21)
Hoe reageer jy in tye van beproewing?
Ons moet onsself ondersoek om seker te wees dat ons in die geloof is (2 Korinthiërs 13:5) Lees die woord van God en dit sal jou ondersoek! Vandag is die aangename tyd om gered te word (2 Korinthiërs 6:2) en vetrou op Hom om jou deur die beproewings van die lewe te lei!
Nita Kearney / Gas Skrywer
Comments