top of page

Bergpredikasie / Om Geseën te Wees


Sermon on the Mount

“Geseënd is dié wat honger en dors na geregtigheid”. (Matteus 5:6)


Die generasie van my era, het die woord “Seën” met soveel respek gebruik, veral ten opsigte van die Ou Testament wat die heiligheid van “Seënwense” duidelik aan ons voorhou.


Maar in ons era, vandag, word seëninge so onoordeelkundig en sonder inagneming van die diepere, geestelike oorsprong daarvan gebruik, dat die woord bykans sy betekenis volkome verloor het.

Seën is van God en kan nie ligtelik opgeneem word nie. Die hedendaagse geslag praat van "ʼn geseënde dag", of lewe oftewel seën nadat iemand genies het, of wanneer alles goed gegaan het, of meer nog ons lees dit in sosiale media plasings en ook op motor buffer plakkers.


God neem Sy seën ernstig op, en ons moet ook. God seën mense nie sonder rede nie en Hy seën nie onoordeelkundig nie - Hy seën Sy volk volgens Sy standvastige verbondsliefde vir ons.


Nie almal is geseënd nie, en God se seën moet nie bloot aanvaar word as vanselfsprekend nie.

Slegs diegene wat in 'n verbond met God is, word geseën, en slegs diegene wat deur Jesus Christus verlos is, word geseën, want dan het jy het aan die voorwaarde voldoen deur Sy volmaakte lewe en plaasvervangende soendood.


Daarom, slegs diegene wat deur geloof met Christus verenig is, word geseën.


Eerstens, as gelowiges is ons in Christus geseënd omdat Christus die vloek van sonde vir ons geneem het en die toorn van God namens ons gely het. As iemand nie in Christus is nie, en Christus nooit aangeneem het nie, is dit die bewys dat hy reeds veroordeel is.

As ons waarlik in Christus is, sal ons daarna streef om die vrug van Christus te dra.

As ons die evangelie glo, sal ons daarna streef om in die evangelie waardig te wandel.

As ons die Gees het, sal ons daarna streef om in die Gees te wandel.

As ons Christus liefhet, sal ons daarna streef om Christus te volg en te gehoorsaam.

As ons God liefhet, sal ons daarna streef om God se gebooie te onderhou.

As ons geseënd is, sal ons daarna streef om die eienskappe waarvan Jesus praat in die Saligsprekinge te besit en na te streef, en soos ons dit in hierdie wêreld demonstreer, sal ons vervolg word.

Maar as die voorwaardes en kenmerke van die Saligsprekinge waar is van ons, is ons geseënd. Ons moet die versekering hê dat ons aan Jesus behoort en daarom Syne is, en dat niks ons kan skei van die huidige of ewige toestand van geseënd wees terwyl ons leef, **Coram Deo, met die lig van Sy heerlike aangesig wat oor ons as Sy Kinders verhef word.


Die volgende keer as jy die woord “seën” in enige ander vorm wil gebruik, dink aan die geestelike betekenis daarvan en of diegene waaroor jy seën wil uitspreek, voldoen aan God se Coram Deo!


Mag ons wysheid ontvang wanneer ons “seën” wil uitspreek!




Dr. Burk Parsons (@BurkParsons) is senior pastor of Saint Andrew’s Chapel in Sanford, Fla., chief publishing officer for Ligonier Ministries, editor of Tabletalk magazine, and a Ligonier Ministries teaching fellow. He is author of Why Do We Have Creeds?


**Coram Deo : In die Teenwoordigheid van God






 

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating

Stuur vir my 'n boodskap, deel jou gedagtes, en kom ons reis saam.

© 2023 deur Ponderings. Alle regte voorbehou.

bottom of page