top of page

Bitterheid


sisters hugging in forgiveness
Dan voeg Jesus by: “Dit is wat my hemelse Vader aan jou sal doen as jy weier om jou broers en susters uit jou hart te vergewe” (Matt. 18:34–35).

Niemand sê ooit: "As ek eendag  groot is, wil ek bitter wees." Maar die lewe het 'n manier om ons seerkry te gee wat ons versamel, beledigings en oortredings wat blykbaar binne ons siele bly en weier om te laat gaan!. Natuurlik wil ons onsself nie as ʼn verbitterde persoon sien nie. Maar, wanneer die woord “vergifnis” opduik, vind ons soms dat ons ongemaklik raak. Ons voel ons gaan gevra word om iets te doen wat ons regtig nie wil doen nie. ’n Sekere gebeurtenis kom in ons geestesoog na vore. ’n Vuur vat vlam binne-in ons  met die herinnering aan wat gebeur het of wat nie gebeur het nie, wat gesê is of wat nie gesê is nie. Dit neig weer om daardie gloeiende

onvergewensgesindheid binne-in ons  te  laat smeul en  dreig om vir ewig te brand as dit nie vir ewig uitgedoof word nie.

 

Maar hoe is dit ooit moontlik? Ek kan jou vertel hoe dit met my gebeur het.

 

HOUT STOMPE OP DIE VUUR GOOI

 

Ek was in die middel van die nag wakker en het gedoen wat ek baie nagte tevore gedoen het—om die onreg te repeteer wat aan my gedoen is deur iemand wat my diep seergemaak het. Ek het daardie week Johannes 16 bestudeer, waar Jesus belowe het dat die Heilige Gees die wêreld van sonde sou kom oortuig en Sy mense in die waarheid sou lei. Sekerlik, daardie nag toe ek wakker gelê het, het die Heilige Gees gekom om my te oortuig. Ek wou alles herhaal oor wat aan my gedoen is, maar die Heilige Gees het my gelei in die waarheid om die sonde te sien waarvoor ek verantwoordelik was, die sonde waarvan ek my moes bekeer— naamlik die sonde van onvergewensgesindheid.


“Ek het probeer vergewe,” het ek  vir God gesê, “maar hierdie gevoelens kom net weer terug.” Ek het geweet dat ek op my eie nie kon voldoen aan wat nodig was om te vergewe en aan te hou vergewe nie. Maar, natuurlik, as die Heilige Gees in ons woon, is ons nie op ons eie nie. Ek het deur trane vir God gesê dat ek  deur my bekering sal  stappe  neem  om na die persoon wat my seergemaak het te gaan, en ek het Hom gevra vir bonatuurlike krag om te doen wat vir my onmoontlik lyk.

‘n Week later, toe ek met daardie persoon gepraat het, was ek vriendelik in stede van koud, bevestigend in plaas van beledigend, oop om die goeie raak te sien in die plek daarvan om die ergste aan te neem. Oor die daaropvolgende maande het ek bly kies om te weier om hout stompe op die vuur van bitterheid te gooi. Ek het bly kies om te glo dat, om God te behaag, vir my meer aanvaarbaar sou wees as die bekende smaak van al my kwaad gevoelens. Die middel-van-die-nag herinnering aan al die verkeerde dinge het opgehou. En ek was vry. 'n Persoon wat werklik die genade van God ervaar het, sal barmhartig wees.

 

BLUS DIE VUUR MET GENADE


Natuurlik, wat ons dikwels op die pad na vergifnis laat struikel, is ons sin vir geregtigheid. Dit lyk nie regverdig dat ons die las van die oortreding moet dra nie. So, hoe kan ons  die pad vind om iemand te vergewe wat, volgens ons skatting, nie verdien om vergewe te word nie? Dit gebeur slegs wanneer ons onsself sien as mense wat nie verdien om vergewe te word nie, maar aan wie 'n ruimhartige vergifnis toegestaan is deur Christus Jesus. Dit is eers wanneer ons die omvang van ons aanstoot teen God duidelik begin sien, sowel as die vrygewigheid van Sy vergifnis teenoor ons, dat die bitterheid wat ons harte beetgepak het, uitgewis kan word.

 

Dit is ongetwyfeld wat Jesus in gedagte gehad het toe Hy die gelykenis van die onvergewensgesinde skuldenaar vertel het, gevind in Matteus 18. Daar is  twee skuldenaars in die verhaal, en die verskil is in die bedrag wat hulle skuld. Die skuld wat die dienaar aan die koning verskuldig was, was nie net groot nie; dit was 'n groot bedrag geld, meer as wat die dienaar in 'n leeftyd kon verdien. Die skuld wat 'n mededienskneg aan die dienskneg verskuldig was, was slegs drie maande se loon.

 

Die koning se vrygewige vergifnis teenoor die dienskneg illustreer die oorvloed van God se vergifnis en Genade teenoor ons. Sy genade maak ons vry uit die tronk van 'n onbetaalde skuld. Net so is die onwilligheid van die dienskneg om die klein skuld van 'n mededienskneg te vergewe, 'n  uitbeelding is van ons onopgeloste wrewels en ons vasberadenheid om ander te laat betaal vir wat hulle aan ons gedoen het. Die skuld van ander wat volgens ons so groot opstapel, word verdwerg wanneer ons dit sien in vergelyking met ons onbetaalbare skuld aan God.

 

Die gelykenis eindig: “Toe stuur die woedende koning die man tronk toe om gemartel te word totdat hy sy hele skuld betaal het.” Dan voeg Jesus by: “Dit is wat my hemelse Vader aan jou sal doen as jy weier om jou broers en susters uit jou hart te vergewe” (Matt. 18:34–35). Kan Jesus dit regtig bedoel? Kan Hy werklik bedoel dat as ons onwilligheid is om te vergewe  dit iets te doen het met ons ewige lot?

Dit pas nie in ons formules vir wat dit beteken om deel van God se familie te wees nie, tog kan ons dit eenvoudig nie afwater om die duidelike en oortuigende boodskap daarvan te verswak nie. Jesus sê dat as ons werklik in Sy koninkryk gekom het, waar ons 'n atmosfeer van vergifnis inasem, ons natuurlik daardie vergifnis na ander sal uitbrei. 'n Persoon wat werklik die genade van God ervaar het, sal barmhartig wees.

 

Terwyl ons na daardie genade verlang en koester, begin ons vind dat dit die bitterheid wat sy tuiste in ons harte gemaak het, verwyder. Soos ons die Gees se werk in ons lewens verwelkom, vind ons dat die vure van bitterheid vervang word deur die vrug van die Gees - liefde vervang veragting, vreugde vervang prikkelbaarheid, vrede vervang wraak gedagtes, geduld vervang ons geneigdheid om so maklik aanstoot te neem. Ons vind onsself al hoe meer in staat om vriendelik in stede van eensydig te wees, die goeie te waardeer eerder as om na die slegte te soek, met sagtheid te reageer met die vervanging van harde woorde, getrou  te wees in vriendskap in stede van om te kies vir voortdurende vervreemding, selfbeheersing, in stede daarvan om vir ewig deur bitterheid beheer te word. . Die vuur gaan dood, en ons is vry.



Recent Posts

See All

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating
bottom of page