“Openbaring 21:27 Niks wat onrein is, sal ooit daarin ingaan nie, en ook nie iemand wat iets skandelik of bedrieglik doen nie, maar net hulle wie se name in die boek van die lewe van die Lam geskrywe is.”
God hou boeke! Trouens, toe Dawid nadink oor die tyd tussen sy eie bevrugting en geboorte, het hy gesê: “In u boek is al my lede opgeskrywe, wat in voortsetting [dit wil sê soos my dae voortgegaan het] gevorm is, toe daar nog geen vorm was nie” (Psalm 139:16). Dit blyk dat God 'n boek het vir elke persoon wat verwek word en dat dit alles saam die Boek van die Lewe vorm, een groot boek wat die name en dade bevat van elkeen wat ooit die biologiese lewe deur sy Maker gegee is.
Maar baie sal God se voorsiening verwerp (of bloot ignoreer) dit wat hulle ook die ewige lewe sou gee. Soos Dawid in 'n ander psalm gebid het, "Laat hulle uitgedelg word uit die boek van die lewendes, en nie saam met die regverdiges opgeskryf word nie" (Psalm 69:28). Let ook op Openbaring 3:5 en 22:19. En dit sal ’n vreesaanjaende ding wees, want “elkeen wat gevind is wat nie opgeskryf is in die boek van die lewe nie, is in die poel van vuur gewerp” (Openbaring 20:15).
Diegene wie se name nie uit die boek uitgewis sal word nie, is natuurlik diegene wat losgekoop is “met die kosbare bloed van Christus, soos van ’n lam sonder gebrek en vlekkeloos” (1 Petrus 1:19). Nie een persoon verdien om in God se boek op geteken te word nie, want almal het gesondig, maar hulle het “aanskou”, met oë van dankbare geloof, “die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem” (Johannes 1:29). en is daarom deur die Lam verlos
Uiteindelik sal slegs hulle name nog op die rolle van die hemelse stad geskryf wees. God se Boek van die Lewe sal "die Lam se Boek van die Lewe" genoem word waarop die name van almal wat deur Sy bloed verlos is vir ewig geskryf is.
Vrye vertaling deur Nita Kearney
Erkenning : DEUR HENRY M. MORRIS, PH.D. / Dae van Lofprysing Junie 2023
Comments