top of page

Die 'Ek-eerste'-kultuur


Psalm 37:4
"As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg." Mattheus 16:24

Oral om ons bevorder die kultuur 'n wêreld waar die belangrikste vraag is: "Wat is in dit vir my?" Ons word altyd gevoed met die leuen dat die lewe gaan oor die strewe na gemak en genot. Moeilikheid moet ten alle koste vermy word. Gemak en sekuriteit moet ten alle koste nagestreef word. Ons persoonlike geluk is by uitstek die belangrikste. Ons word vertel dat, tensy ons gelukkig is, ons nie regtig die lewe voluit leef  soos wat ons behoort te doen nie! (Ek-Eerste Kultuur).


Dit is nie verbasend dat die kultuur se boodskap teenstrydig is met wat die Skrif se leer nie. In Matteus 16:24 sê Jesus vir sy volgelinge: "As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg."


Die lewe van die gelowige is een van selfverloëning. Om dit anders te stel, om Jesus te volg is duur omdat die gelowige aan homself moet sterf. Wanneer iemand na Christus toe kom, gaan dit nie meer oor wat hom gelukkig maak nie. Sy primêre doelwit is hoe om Christus   te verheerlik en te dien. Paulus vergelyk hierdie idee van die Christelike lewe met om soos 'n soldaat te veg om die een wat hom gestuur het, te behaag (2 Tim 2:4 ). Die punt is dat die Christen sy of haar lewe baie anders moet beskou as nie-Christene.


Alhoewel ek dink baie lesers sal saamstem met bogenoemde sentimente, het ons soms praktiese insig nodig oor hoe dit in verskeie situasies kan lyk. Hier is drie maniere waarop ons dan aan onsself moet te sterf. (soos die gelowige dan lyk.)


1. Om aan self te sterf beteken om nie bang te wees om in moeilike situasies te wees nie, met die wete dat beproewing en moeilikheid nie ten alle koste vermy moet word nie.


Stel jou 'n man voor wat vir 'n aaklige werkgewer werk. Hy geniet nie sy werk nie, en almal by die werk mishandel hom met verbale beledigings weens sy Christenskap. Hy kan maar weggaan, reg? As die lewe net daaroor gaan om gelukkig te wees, dan moet hy weggaan. Maar hy het 'n vrou en kinders om voor te voorsien. Hy word geroep om vir sy gesin te sorg. So op daardie stadium behoort dit duidelik te wees dat hy Bybels gesproke 'n hoër verpligting het om vir sy gesin te sorg eerder as om sy eie geluk te soek.


Daar is baie toepassings vir hierdie beginsel. Dit kan van toepassing wees op die huwelik, op werke, op skool. Net omdat die lewe moeilik is, beteken dit nie dat 'n mens moet laat vaar waar hulle hulself bevind nie. Trouens, daar is nog baie meer vrae wat beantwoord moet word voordat die mens se eie persoonlike geluk nastreef.


2. Om aan jouself te sterf beteken om gewillig te wees om jouself in 'n moeilike of selfopofferende situasie te plaas, wetende dat dit is waar Christus die beste gedien kan word.


Waar is die William Careys en die John Bunyans van vandag? (As jy nie weet wie daardie mense is nie, is dit deel van die kulturele probleem). Ons vergeet dat die Christelike helde van lank gelede bereid was om te ly deur Christus eerste te stel en die  gevolge van daardie besluit te aanvaar.


Sou jy ander konfronteer oor hul sonde en hulle vertel van die goedheid van Christus? Sou jy bereid wees om vir jou medemens op te staan en sy regte te verkondig al word jou eie regte verwaarloos? Sal jy bereid wees om jou eie Kersgeskenk wat jy vir 7 maande wou hê prys te gee sodat jy 'n geskenk vir jou buurman se seun kan gee wat niks vir Kersfees sal hê nie? Sal jy bereid wees om te laat vaar om te kyk hoe jou gunsteling span in die Super Bowl speel sodat die weduwee van die kerk geselskap kan nooi vir 'n Sondagaand ete?


Dit is sulke klein opofferings, maar ek vrees dat opofferings soos hierdie nie eers 'n nagedagte vir baie Christene is nie.


3. Om aan jouself te sterf beteken om gewillig te wees om nee te sê vir elke reg wat jy het, maak nie saak hoe lekker dit mag wees nie.


Een van my pastore het altyd iets gesê wat ek nooit sal vergeet nie. “Daar is twee soorte mense in die wêreld. Diegene wat fokus op hul regte, en diegene wat fokus op hul plig.” Diegene wat op hul regte fokus, fokus op wat hulle verdien, wat hulle nodig het en wat hulle wil hê. Diegene wat op hul pligte fokus, fokus slegs op die uitvoering van liefde in die opdrag.


Daar is twee maklike toetse om te wys hoe gereeld ons in hierdie verband fouteer. Kyk eers hoeveel keer jy oor jouself praat en wat jy wil hê, en wat jy voel. Dit klink dalk hard, maar om gehoorsaam te wees in die Christelike lewe het min te doen met hoe jy voel. Tweedens, vra eenvoudig jou beste vriend waaroor hulle die meeste hoor wanneer jy praat. Die hartseer getuienis van ons lewens is dat te veel van ons gesprekke oor ons eie omstandighede en toestande gaan.


Om aan jouself te sterf is geen maklike taak nie. Maar dit is presies waartoe Christene geroep word. Dit is 'n skrille kontras met die droom wat ons kultureel geleer word om na te streef. Mag God ons die genade gee om te omhels wat dit beteken om 'n Christen te wees, en om gewillig te wees om aan onsself te sterf.



Vry vertaling : Nita Kearney

Erkenning - Peter Goeman


Peter serves at Shepherd's Theological Seminary in Cary, NC as the professor of Old Testament and Biblical Languages. He loves studying the Bible and helping others understand it. He also runs The Bible Sojourner podcast and Youtube channel.




2 Corinthians 5:7

2 views0 comments

Recent Posts

See All

Comentarios

Obtuvo 0 de 5 estrellas.
Aún no hay calificaciones

Agrega una calificación
bottom of page