top of page

Die Grootsheid van die Wêreld


woman doing shopping

As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie. Want alles wat in die wêreld is — die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe — is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld.

I JOHANNES 2:15-16


Liewe leser, hoe gepas is hierdie woorde in jou lewe?


Dit is baie uitdruklik aan elkeen van ons wat kinders is van God dat ons nie moet lewe soos die wêreld nie, maar dat ons onsself moet afsny van die begeerlikhede wat ons omring. Dinge wat ons sien op TV, daardie “ek moet dit besit” gevoel as jy na die begeerlikhede kyk van advertensies. So ook die selfoon en al sy wêreldse dinge! TV opsigself moet beheer word want dit is ‘n magige wapen van die vyand, ‘n baie groot speelveld van die duisternis. Ons raak so gewoond aan die geweld en die hartseer wat daarop verskyn dat ons harte ook hard word teenoor sulke geweld en dit nie meer saak maak nie, want dit is maar net nog een wat swaarkry, vermoor word ens.


Dan is daar die advertensies van al die glans wat die wêreld kan bied, mooi klere, juwele, die meisies wat rietskraal op parade is en ons kinders beïnvloed om ook so maer te wees ten koste van hulle gesondheid!. Julle weet waarvan ek praat.


Mens raak so verknog aan dit wat voor ons afspeel, dat mens net meer en meer wil bekom, groter motors, huise, vakansies, en so kan ons aangaan. Wat is die uiteinde daarvan; jy beweeg weg van die liefde van God. Jy word lief vir die wêreld en wat dit kan bied. Die begeerlikhede van die vlees neem die plek van die liefde van God in.


Dit is die grootsheid van die lewe en dit is nie uit die Vader nie, maar aards! Dit veroorsaak dat mens weg beweeg van God en voluit vir die wêreld lewe. Daarom Romeine 12:2 : "En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is".


Vader, help ons dat ons die onderskeiding van die Gees sal bekom om onderskeid te maak van die dinge van hierdie wêreld, sodat ons U volmaakte Wil sal ken in alles waarna ons kyk en luister en begeer! In Jesus se Naam Amen

13 views

Commentaires

Noté 0 étoile sur 5.
Pas encore de note

Ajouter une note
bottom of page