top of page

Die Kortstondige Lewe


hourglass on sand

Jakobus 4:14 sê "jy is soos mis wat vir ‘n kort rukkie verskyn en dan verdwyn”


Hoe dikwels hoor ons hierdie woorde “ag, daar is baie tyd, ek wil eers dit of dat doen” of “nee wat ek is nog jonk, wil eers my lewe geniet”…


Psalm 90:2 “Leer ons om ons dae so te tel dat ons a wyse hart mag bekom”


In hierdie vers pleit Dawid by God om hom te help om die kortstondigheid van die menslike lewe te verstaan teenoor die Lig van God se ewige tydlose natuur. (Sien ook Psalm 90:4)


God help ons om die tyd van ons lewe te ken deur bewus te wees van ons tydelike bestaan in die wêreld. Job 7:7 leer ons dat ons lewens maar ‘n asemteug is! In Psalm 102:3 lees ons dat ons dae “soos rook verdwyn”. Jakobus 4:14 sê jy is soos mis wat vir ‘n kort rukkie verskyn en dan verdwyn”

Hierdeur wil God ons bewus maak van ons ewige bewus maak van Hom deur Hom te erken. Ons is niks sonder God wat ewig en almagtig is nie!


In Rom 3:23 herinner God ons aan die kortstondigheid van ons lewe en hoe ons deur ons sondige optrede na die dood gelei word. Hier word ons vertel dat ons almal sondig en ontbreek dus aan God se Heerlikheid.

Rom 6:23 sê die loon van die sonde is die dood!


God wil hê dat ons ons moet bekeer sodat ons nie verlore gaan nie (2Petrus 3:9). Draai na Hom en soek Sy genade terwyl ons nog lewe en dit te vinde is! Met ander woorde, God wil hê dat ons ons moet bekeer van die oordeel van die 2e dood terwyl daar nog tyd is (Openbaring 20:14-15 )


Daarom, terwyl ons besef hoe kortstondig die lewe is, behoort ons te bid soos Dawid in Psalm 93:4 en vir God vra om vir ons die aantal of omvang van ons dae te wys. Dit sal ons herinner daaraan dat ons dae getel is!


Plaas jouself in nederigheid voor God en erken jou behoefte aan Sy ewige Genade! Dawid sê in Psalm 9:12 dat God hom moet leer om sy dae te meet sodat hy ‘n hart van wysheid kan bekom! Dienooreenkomstig sal ons regverdig voor God lewe.


Omdat ons lewe, vanaf geboorte ten einde snel moet ons daarna strewe om die belangrikste gebooie in die Bybel te vervul.


° Om God lief te hê , en so ook ander. (Markus 12:29-31) Lewe volgens Sy Woord en Eer Hom!

° Prediker 12:13 Vrees God en bewaar Sy gebooie want dit is die mens se plig omdat Hy elke daad in oordeel sal bring, ook die verborgenheid, goed of sleg.


Ter opsomming, ken die kortstondigheid van jou lewe en bekeer van jou sondige optrede wat eindelik tot die dood lei! Daar is nie so iets soos “more” nie, jy het net vandag, hierdie uur, hierdie oomblik. Hou op met uitstel en soek Sy Genade voor dit te laat is en Hy vir jou sê “Gaan weg van My, Ek het jou nooit geken nie"! Watter verskriklike woorde wat ek en jy nie graag wil hoor as ons voor Hom staan nie!

Moenie uitstel nie, die tyd is min!


Gas Skrywer : Nita Kearney



14 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating
bottom of page