top of page

Die Saad Moet Eers Sterf ... God Se Plan


new growth
Johannes 12:24 Voorwaar Ek sê vir julle, as 'n koring pit nie op die grond val en sterf nie, bly dit net 'n enkele saadjie oor. Maar as dit sterf, produseer dit baie sade.

Jesus het eers hierdie woorde gespreek om Sy dissipels gereed te maak vir Sy kruisdood, Sy liggaam begrawe, Sy beloofde opstanding.


Sy dood het lewe gebring. Sy val het die vrug in ons voortgebring. As gevolg van Christus kan ons vergewe en vergewe word. As gevolg van Christus het sonde geen krag om ons onder te hou nie.


Hy het Sy lewe gegee om daardie groter oes te verkry, en roep ons op om onsself te verloën.

Soms sluit Hy selfs ons deure sodat ons weer kan lewe.


 Dit is die hoop op opstanding: 'n Verlosser wat begrawe is. Sondaars het genade nodig.

Maar nie tensy die saad eers sterf nie.


Soms moet ons afsterf van hierdie wêreld en sy grootsheid, moet ons sterf in die plesier wat ons kosbare tyd in beslag neem…..miskien moet ons afsterf van mense wat ons vervolg vir ons geloof in Christus en ons lei op ‘n pad van verleiding en die dood.


Miskien moet daardie saad waaraan ons vasklou asof ons lewe daarvan afhang, miskien moet daardie saad eers sterf, voordat ons God se Plan kan ervaar in ons lewens.


Daar is heel moontlik deure wat toemaak, nieteenstaande ons volgehoue gebed  dit oop te maak, daardie deur wat toe is, is heel moontlik die saad in jou lewe wat moet sterf. Daardie deur of situasie wat jy so naarstiglik pleit om oop te gaan, is die verkeerde deur en daarom moet daardie saad van jou aanhoudende soeke eers sterf, voordat die regte deur oopgaan en jy begin vrug dra vir Sy Koninkryk.  


Watter saad in jou lewe Koester jy meer as die liefde van Hom? Waarna hunker jy maar niks gebeur nie? Is dit miskien die saad wat moet sterf voordat jy kan lewe in volheid volgens Sy Plan vir jou lewe?






9 views

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating
bottom of page