top of page

Die Tong


picture with text and three cherries

SPREUKE 13:3 Wie sy mond bewaak, bewaar sy lewe; wie sy lippe wyd oopmaak, vir hom is daar ondergang.

Salomo skryf: "Van die vrug van hulle lippe eet mense wat goed is, maar die ontroues begeer geweld" (Spr. 13:2, skrywer se vertaling).

Die gelowiges spreek wyse, hulpvaardige, vriendelike, deurdagte woorde met hulle vriende. Hulle gebruik versigtige, nie roekelose woorde nie. Die vrug (resultaat) van hulle woorde is goeie dinge. Hulle sal "eet wat goed is"; nie letterlik nie, maar hulle sal die goeie vrugte geniet wat uit goddelike woorde kom. Die ongelowiges is presies die teenoorgestelde – hulle verkies om met hulle woorde te vernietig.

Die Afrikaanse spreekwoord lui “ Wat die hart van vol is loop die mond van oor!”

Die vraag is, wat loop jou mond van oor? Wat kom oor jou lippe? Is dit vriendelikheid, liefde, vergifnis? Of is die verwyte, oordeel, haat spraak self vervloeking?

Ken jy Christus se vergifnis? Wil jy ook eendag voor Hom verskyn met ‘n skoon kleed? Is jy bewus van die gevolg van onvergewensgesindheid?

Laat jou gedagtes gaan na die laaste woordewisseling wat jy gehad het met iemand, kon die ander party Christus in jou woorde ervaar? Of was jou woorde gekleur met bytende sarkasme, vervloeking, wraaksugtige veroordeling en swak taal?

Ons mag nie doodslaan nie, ons mag nie vermoor nie..so leer die Skrif ons, maar jou gewelddadige woorde, bring dood en nie lewe nie (Spreuke18:21) Onthou sonde verwek sonde!

In die tong, die kleinste deel van jou liggaam is die mag van lewe en van die dood! Dit wat jy uitspreek oor ‘n ander, is soos ‘n saad wat jy saai en die vrugte daarvan gaan jy maai!

(Markus 1:15). Verloën jou sonde en verwerp dit. Bely eers voor God (Ps. 51:4) en bely dan teenoor jou vriend (Jak. 5:16). Vra om verskoning (Matt. 5:23-24; 1 Thess. 5:13) en vra die ander persoon om vergifnis (Luk. 17:3-4).

Met Christus se hulp kan jy getrou lewe, selfs in die middel van 'n stryd. Niks is onmoontlik vir ons genadige God nie. Glo jy dit ? Markus 9:24) "Ek glo; help my ongeloof"


Geloof in Christus gee jou oë om te sien wat onmoontlik lyk tydens konflik.

Sit ‘n wag voor jou mond en bewaar jou hart meer as enigiets anders in die lewe want daarin lê die oorsprong van die lewe! (Spreuke 4:23)

As jy sukkel met ‘n onbeheerste tong, bely dit en Hy sal jou verlos daarvan deur Sy Heilige Gees!


Gedeeltelike vertaling deur Nita Kearney


Dr. Deepak Reju is pastor of biblical counseling and family ministry at Capitol Hill Baptist Church in Washington, D.C. He is author of several books, including On Guard and She’s Got the Wrong Guy.




Recent Posts

See All

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating
bottom of page