top of page

Die Twee Weë


Riverbank with trees

PSALM 1:3 En hy sal wees soos 'n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit.



Hy sal wees soos a boom, geplant; nie ‘n wilde boom nie, maar ‘n boom ‘geplant’, uitgekies, eiendom van iemand, gekultiveer en standvastig gemaak na die laaste verskriklike ontworteling, omdat, “elke plant, wat my Hemelse Vader nie geplant het nie, sal ontwortel word” (Mat 15:13)


By riviere van waters; sodat,indien een rivier opdroog, dan sal daar ‘n ander een wees. Die riviere van vergifnis die riviere van genade, die riviere van beloftes en die riviere van die gemeenskap met Christus. Dit is die onfeilbare voorsiening van Hom. Hy is soos ‘n boom geplant by die riviere van water wat voortbring die vrugte in die seisoen, nie onredelike genade nie, soos buite seisoen vye, wat nooit tot volle geur ryp word nie. Maar die man wat homself verbly in God se Woord,wat deur Hom onderrig word, sal vrugte dra van Geduld in tye van swaarkry, geloof in die tye van beproewings en heilige vreugde in die uur van sy voorspoed.


Vrugbaarheid is ‘n noodsaaklike kwaliteit van; n genadige man, en daardie vrugbaarheid sal ook binne die seisoen wees. “Sy blaar sal nie verdor”, sy sagmoedige woord sal in ewigheid staande bly, sy dade van liefde sal in die geheue van ander bly voortleef. Nie alleenlik sal sy vrugte bewaar word nie, maar ook die blare. Hy sal nooit sy skoonheid of vrugbaarheid verloor nie. “en in alles wat hy doen sal hy voorspoedig wees”


Geseënd is die man wat hierdie beloftes geniet. Maar, ons moet nie die volheid van die belofte minder ag deur wat sigbaar is nie. Hoe dikwels oordeel ons met swak sinnigheid, dan kom ons by die berouvolle slotsom van Jakob “al hiedie dinge is teen my”. Alhoewel ons belange in die belofte bekend is aan ons, tog is ons so moeg en ontsteld dat ons die teenoorgestelde sien van wat die belofte voorspel het vir ons.


Maar vir die geloofsoog, is hierdie woord verseker, en daardeur neem ons waar dat ons werke voorspoedig is al lyk dit soms dat alles teen ons werk. Dit is nie uiterlike voorspoed en waardes wat die Christen na streef en verlang nie, dit is die siele welvaart waarna die Christen verlang. Dit is baie keer vir daardie rede van ons siels gesondheid dat ons moet arm wees, bedroef en vervolg word.


Ons slegste tye is soms ons beste tye. Soos daar gesê word, ‘daar is ‘n oordeel omvou in die goddelose se barmhartigheid’, so is daar seën verborge in die regverdige se kruis, verliese en hartseer. Die beproewing van die regverdige is ‘n bonatuurlike landgoed waar hy vrugte kweek wat oorvloedig is.


Vry vertaal van C H Spurgeon / Treasury of David

deur Nita Kearney


Die Weg van die Geregtigde en Ongeregtigde


Psalm 1:1  Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie; 

Psalm 1:2  maar sy behae is in die wet van die HERE, en hy oordink sy wet dag en nag. 

Psalm 1:3  En hy sal wees soos ‘n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit. 

Psalm 1:4  So is die goddelose mense nie, maar soos kaf wat die wind verstrooi. 

Psalm 1:5  Daarom sal die goddelose nie bestaan in die oordeel en die sondaars in die vergadering van die regverdiges nie. 

Psalm 1:6  Want die HERE ken die weg van die regverdiges, maar die weg van die goddelose sal vergaan. 

7 views

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating
bottom of page