top of page

Die Waarde van jou Siel



Pearl of great price
Matteus 13:45-46  Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n koopman wat mooi pêrels soek; en toe hy een baie kosbare pêrel kry, gaan hy weg en verkoop alles wat hy het, en koop dit. 

Die “Pêrel” van groot waarde :

Die kern van ons lewe is gebaseer op waardes. Ons eie waardestelsel, dit wat vir ons waardevol is in ‘n familie verband, in die samelewing en baie ander, te veel om te noem. Dit is gebaseer op ons eie waarde stelsel en persoonlike uit verkiesing wat dan die belangrikheid daarvan toon.


Ons het verskillende waardes soos byvoorbeeld, die hantering van geld. In huwelik verband, die samevoeging van twee persone se waarde sisteme is die hoofsaak van konflik oor hoe die geld/besittings in die verhouding spandeer word ens.


God het ‘n waarde sisteem net soos ons maar die verskil is, waarop baseer jy jou waarde? Die grootsheid van die lewe? Die opgaar van besittings?


Soos die gelykenis vertel van die man wat alles verkoop het om die waardevolle fonds van olie te bekom wat verskuil was in ‘n landskap, was dit sy mees waardevolste besitting in sy lewe en het hy alles weggemaak om die grond te koop. Hy het die “pêrel van groot waarde” ontdek en alles prysgegee om dit te bekom.


Die grootste  ‘pêrel’ in ons lewe is die Koninkryk van God, die waardevolste besitting wat ons ooit sal kan besit. Die vraag is dan, wat is jy bereid om te gee in ruil vir die besit van hierdie ‘Pêrel’? Oftewel, wat sal jy verruil vir die behoud van jou siel? Hoeveel waarde heg jy hieraan?


Ons vergelyk dit met jou huis wat afbrand en jy het 5min om waardevolle goed te verwyder van die huis, wat sal jy verwyder in daardie tyd? Dit maak sin dat mens die goed sal verwyder wat nie vervangbaar is nie….die goed waaraan jy die meeste waarde heg! Net so onvervangbaar is die waarde wat jy heg aan jou siel en die Koninkryk van God!


In hierdie vergelyking van die Pêrel, is dit nie n edelsteen waarvan hy praat nie, maar dit is n Persoon, die Persoon van Jesus. Wanneer Hy, die meeste waarde in jou lewe is, het jy alles wat jy nodig het.

Die Koninkryk van God is iets wat alles wat ons in die lewe beskou as waardevol , totaal oorskadu!

Miskien moet jy berekenings doen oor jou eie waardestelsel en presies waar jy staan ten opsigste van jou lewenswaardes. Besit jy die denke van Christus om  liefde te betoon volgens Sy insettinge en te haat wat Hy haat?


Mag jy goddelike insig verkry in jou eie waarde stelsel teenoor die “Pêrel” van Groot Waarde! Mag jou soeke na die Koninkryk in  intense en ernstige afmetings ontaard in jou lewe!  Koop die tyd uit!



Recent Posts

See All

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating
bottom of page