top of page

Emosies maak siek


teatime with cup, flower and book

Mark. 2:5: “Toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde: ‘Vriend, jou sondes word vergewe!’”


Siekte en smart is deel van ons sonde-gebroke wêreld. Veel daarvan is ook deel van die gelowige se lewensbeker. Terwyl ons hierdie gebrokenheid dikwels nie kan vermy nie, moet ons ook eerlik wees en sê dat daar sekere smart en siektes is wat ons oor onsself bring.


Elkeen van ons drink uit die lewensbeker wat God vir ons skink. Alhoewel die mens uit drie komponente bestaan - gees, siel en liggaam, kan dit slegs onderskei en nie geskei word nie. Wat in die gees of siel van ʼn mens skeef loop, het ʼn invloed in ʼn mens se liggaam en andersom.

Mense se siektes het dikwels ʼn storie, ʼn geskiedenis, ʼn verhaal daaragter. Mediese hulp kan net ʼn tydelike verligting bring voordat die siekte weer in ʼn ander gedaante na vore kom. Dikwels is dit net die simptome wat onder beheer gehou kan word. Volkome genesing kan net plaasvind wanneer die oorsaak geïdentifiseer en aangespreek is.

ʼn Voorbeeld hiervan is bitterheid en onvergewensgesindheid. Dis nie sonder rede dat die Bybel, en Jesus by name, soveel klem lê op die belangrikheid om mekaar te vergewe nie. Soveel mense wat verontreg of te na gekom is, loop rond met emosies van bitterheid en onvergewensgesindheid wat hulle as't ware vergiftig.

Die probleem met onvergewensgesindheid is dat dit as’t ware wortel skiet. Daarom praat die Bybel van ʼn “wortel van bitterheid.” (Heb. 12:15) Min dinge is meer selfvernietigend as hierdie emosie. Jou hele menswees word stelselmatig vergiftig. Daar is sekere siektes wat direk met hierdie negatiewe emosie verbind kan word. In so ʼn geval is ware genesing net moontlik wanneer jy die keuse maak om waarlik vry te spreek en te vergewe.

Smart en siekte is maar twee simptome van die seer wat direk voortvloei vanuit onvergewensgesinheid. Ons, as mens drink uit die lewensbeker die bitterheid wat onsself inskink. Sommige van ons drink diep uit daardie beker en sodoende is die lewe vir ons net smart en haat en nyd. Met elke gedagte van haat en wraak, skink die mens net die beker nog voller met bitterheid en is die gevolge daarvan uiterlik ook sigbaar. Dikwels sal ons onbewustelik daardie gevoel ook oordra aan ander naby ons!

Wat vul jou lewensbeker vandag, is dit God se Liefde, Sy Vrede en Sy vergifnis van jou sondes of is dit die bitter beker van haat, wraak en onvergewensgesindheid wat diep lyne op jy aangesig uitkerf en jou beroof van jou lewensvreugde? Wat jou lus vir die lewe verswelg? Wat jou laat smag na die dood?

GEBED: "Here, help my om erns te maak met vergifnis, sodat ek gesond kan word. Amen."


Gas Skrywer : Nita Kearney


Die Bergtragedie (1932) C. Louis Leipoldt


[p. 228]


Maar in die siel wat sublimeer Tot goud die skrale sinsprofyt Uit rein gevoel, en keer op keer Dit omskep tot nuwe heerlikheid. Die siel wat weet, wat boontoe vlieg - Bo oor die drempel van verstand, Bo wat ons aardse blik bedrieg, Tot in die ryk verbeeldingsland, Tot aan die grens van die heelal, En 'skoon die buitewêreld grys En haatlik lyk, met lofgeskal Die wese van die skoonheid prys - Die siel, deur sienerskrag verryk, Deur liefde tot geloof versterk, Vind skoonheid orals waar hy kyk, Volmaak, verheerlik, onbeperk, Selfs in die naarheid wat ons tart, Selfs in die haatlikheid wat terg, Selfs in die owerlas van smart Wat wanhoopsugte van ons verg. O, vrees nie Skoonheidskrag sal faal, Of dat 'n koue filosofie Die soekende siel sal laat verdwaal Of ‘keel-afsny vir poësie’; Of dat die rollende tyd sal taan Die moed om teen wat vuilheid is, Te stry, totdat jy eind'lik staan 'n Siel-ontroofde Hedonis, Vir elk wat met besielde oog, Met pure liefde, om hom kyk, Dra wat hy aanskou, omlaag, omhoog, Die skoonheid wat sy siel verryk, En, van die waarheid wel bewus, Word deur die soekende siel verfyn Waarop nog smet of vuilnis rus, Tot iets wat heilig is en rein: Die valse vlek, die krom, verkeerd- Gebroke lyn, die kleure grof, Die afvaltoiings, tyd-onteerd, Die modder en die wapadstof,

[p. 229]

Al wat verwoesting as syne eis, Al wat verdoemenswaardig is, Waarop ons met veragting wys As aanstoot en as ergernis, Waaroor verderf sy naarheid strek, Waaraan die knaende tyd al vreet, Wat nie meer lewe hou of wek, Wat skaars nog iets van lewe weet - Daarin, hoe uiterlik onrein, Of hoe onedel en ontkrag Dit oppervlakkig ook mag skyn, Bespeur die siel die skoonheidsprag, Wat eie onsterflik' waarde het En in sy eie glorie staan, Soos op 'n hoë minaret In môregloed die goue maan. Die mensegees gryp, kennisblind, Na wat veraf as waarheid skyn, Klaar om in hartstogwaan te vind 'n Spoor van wat as skim verdwyn; Waar mensewete, kort gesnoei, Verkeerd die valse waarde min, En dink die kiem sal kragtig bloei En met sy eie mag oorwin, En die skraal klatergoud beskou As suiwer, edele metaal Waar môregloed oor spinrakdou In die betowerde kloof verdwaal, Daar vind die siel, gelouter, vry Van vrees, vooroordeel en van lus, Die waarheid wat sy waarde kry Van skoonheidskrag wat in hom rus. 'Skoon taal vertolk Die puur genot wat skoonheid gee, Net soos die swewend, dons'rig wolk Die watermag van die diep see Verkondig, of Die murmel van die môrewind Sag oor die duin die dag se lof Verkondig eer dit weerklank vind -

4 views

Kommentarer

Gitt 0 av 5 stjerner.
Ingen vurderinger ennå

Legg til en vurdering
bottom of page