top of page

Engele ...


Angel Clouds

Die bybel beweer die skepping van Engele deur God met die doel om nie voort te plant of te sterf nie (Matt. 22:20)


Vandag is daar die algemene tendens om te glo dat Engele deur mense gebruik kan word, of beveel kan word, maar erger nog, die beeld van Engele word weer gegee as ‘n man of vrou met groot vlerke, of klein vet baba engeltjies wat rondvlieg! Dit is hoe kinders ook vandag meerendeels leer van Engele.

‘n Engeltjie wat hang van die dak of iets soortgelyks! Vet engeltjies orals, geluk bringertjies, of erger nog beskerm engeltjies!


SKRIFTELIKE WAARHEDE


As dit nie waar is nie, wat is die waarheid

Kom ons gaan na die Skrif!


Die bybel beweer die skepping van Engele deur God met die doel om nie voort te plant of te sterf nie (Matt. 22:20) Hebreërs vertel ons dat alhoewel engele “geeste” is “is hulle nie almal dienende geeste nie..?” (Heb 1:14) Toe Jesus aan Sy dissipels verskyn het, (voor Sy opvaarding) het hy gesê dat ‘n “gees”

nie “vleis en bene” het soos Hy nie (Luk 24:39)


In die bybelse tye was engele gewoonlik nie aan mense sigbaar nie, tensy God hulle geopenbaar het (sien Num 22:31; 2 Koning 6:17; Lukas 2:13) Sodoende dan het engele ‘n ligaamlike vorm aangeneem en aan verskeie mense in die Skrif verskyn. (Mat 28:5-6)


Jesus het opdrag gegee dat engele nie moet trou nie, omdat in die toekomstige opstanding, mense nie trou nie, en word nie uitgegee in huwelik nie, maar is

soos engele in die hemel (Mat 22:30)


ENGELE IS MAGTIG


In Psalm 103:20 word Egele “magtiges” genoem terwyl in Kol 1:16 word hulle “owerstes” genoem. Ons sien in die ou testament dat Engele verantwoordelik was vir 70,000 manne wat doodgeslaan is in Jerusalem. (2 Sam 24:10-17) Regdeur die Nuwe Testament speel Engele ‘n belangrike rol (Matt 28:2, Markus 16:3-4).


Herodes is deur ‘n engle met n dodelike pes van wurms geslaan (Hand 12:20-23) terwyl Petrus hulle “groter in mag en krag” as mense noem.


In Openbaring 7:1-3 staan dat Engele satan en sy engele permanent uit die hemel sal verdryf (Openbaring 12:7-9). N Engel sal satan bind en opsluit (Openbaring 20:1-3) maar engele moet nie aanbid word nie!

Soos ‘n engel vir Johannes gesê het in Openbaring, “Ek is ‘n mededienskneg van jou en jou broers wat die getuienis van Jesus dra, aanbid God” (Openbaring 19:10).


So moet ons onthou dat God alleen gebede beantwoord en Jesus Christus is die enigste middellaar tussen ons en God.


KAN ONS ENGELE OPDRAG GEE?


Nee, Engele manifisteer hulself sonder om versoek te word. God is die bevelvoerder van die Engele en Hy alleen. Engele is dienende Geeste wat uitgestuur word op die bevel van God en daar is geen mensehulp nodig nie op enige manier dat ‘n mens hulle ‘n opdrag kan gee nie! Gaan lees weer Psm 91:11, hulle word deur God gestuur in tye van nood en deur Hom alleen.


Hierdie is die waarhede wat ons kinders moet vertel en weg beweeg van die wêreld se dinge.

Ken die waarheid en die waarheid sal jou vrymaak!


Tyd is min!


Nita Kearney / Gas Skrywer


4 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating
bottom of page