top of page

Genade onbeskryflik groot..

Die Genade in my lewe is so groot dat ek dit eenvoudig moet deel wanneer daar n kans is om dit te doen! My stukkende lewe, wat eintlik maar net n gebarste waterbak was, het Hy geneem in Sy Hande as die Pottebakker, en dit heel gemaak met Goue Drade van Genade, Hy het al my trane opgevang in daardie bak en dit voor die Troon van die Allerhoogste gebring, terwille van my. Trane wat niks anders is as vloeibare gebede!

Nog nooit was daar groter vreugde as om die vrede te ondervind wat onbeskryflik is en jou hele wese vul. Hy het my deur die troebel waters en op 'n klippad laat loop

Flowers on rainbow background

om my voor te berei vir wat Hy in my lewe beplan het. Elke keer as ek afgedwaal het, het Hy my weer kom haal. So groot is Sy Genade! As Hy dit vir my kon doen, kan Hy dit vir jou ook doen! He is the Alpha and the Omega, the Beginning and the End.....tot in alle ewigheid.


Nita Kearney : Gas Skrywer

7 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating
bottom of page