Goddelike Hoop
- Rita Egolf
- Mar 9
- 2 min read

Spreuke 23: 18 Waarlik, daar is 'n toekoms, en jou hoop sal nie verydel word nie.
Christelike hoop is nie 'n hoop dat alles in hierdie lewe sal uitwerk nie; dit is eerder hoop dat God alles tot ons uiteindelike beswil en Sy eer sal laat uitwerk. Hoop is nie wensdenkery nie; dit is selfversekerde verwagting. Hoop is nie die afwesigheid van hartseer nie; dit is die teenwoordigheid van die Heilige Gees. Hoop is nie 'n gevoel nie; dit is 'n ingesteldheid wat op God gevestig is wat ons gevoelens inlig. Hoop is om God te vertrou as gevolg van wie Hy is en wat Hy gedoen het terwyl ons wag op die vervulling van ons hoop.
Die ongelowige wêreld wil bitter graag versekering gee dat alles op die ou end reg sal wees, dat alles uiteindelik ten goede sal uitwerk en dat alles wat ons nie doodmaak nie, ons sterker sal maak. Vir die ongelowige wêreld is sulke hoop egter tevergeefs, omdat hulle van Christus vervreemd is. Nie alles gaan op die ou end reg wees vir diegene wat nie Christus ken nie. Maar vir dié van ons wat van God se toorn gered is en deur God se genade verlos is, gaan alles nie net reg wees nie; eendag gaan alles perfek wees.
Nietemin, ons moet nooit vergeet dat in hierdie wêreld van sonde, hartseer en lyding, alles nie sal uitwerk soos ons wil nie. Dit is hoekom ons in moeilike tye en in goeie tye goed doen om die Skrif en die verhale van God se mense deur die geskiedenis te bestudeer om ons te herinner aan God se onwrikbare getrouheid, soewereine voorsienigheid en oorvloedige liefderyke goedhartigheid.
Mense sal aanhou om ons teleur te stel, ons geliefdes sal ly en sterf, Satan sal ons aanval en ons sal teen ons vlees veg. In daardie donker tye wanneer ons in die versoeking kom om hopeloos te voel, moet ons net soos die psalmis vir onsself preek: “Waarom is jy neergewerp, o my siel, en waarom is jy in onrus in my? Hoop op God; want ek sal Hom weer loof, my heil en my God” (Ps. 42:5–6). Ons hoop nie as gevolg van ons omstandighede nie, maar as gevolg van Christus—Sy goddelike persoon, sondelose lewe, offerdood en oorwinnende opstanding. Nou, terwyl ons gretig op Sy wederkoms wag, wag ons met selfvertroue verwagting voor Sy aangesig, coram Deo, en onthou dat eendag wanneer ons Hom van aangesig tot aangesig sien, daar geen behoefte aan hoop meer sal wees nie. Dan sal ons hoop volkome vervul word, en alles sal vir altyd reg wees.
Vry vertaling : JM Kearney
Dr. Burk Parsons is editor of Tabletalk magazine and senior pastor of Saint Andrew’s Chapel in Sanford, Fla. He is co translator and coeditor of A Little Book on the Christian Life by John Calvin. He is on X at @BurkParsons.

Romeine 5:3-4
3 En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk,
4 en die lydsaamheid beproefdheid en die beproefdheid hoop;
Commentaires