Handelinge 16:25 En omtrent middernag het Paulus en Silas gebid en lofliedere tot eer van God gesing; en die gevangenes het na hulle geluister.
Stel jou voor dat jy in 'n tronksel sit. Dit is nie een of ander deftige of ‘n 21ste-eeuse tronksel nie, maar 'n primitiewe Romeinse een. Jou rug word teen koue klippe vas gedruk. Jou maag is pyn van honger. Jou neus word deur verskriklike reuke geteister. Jou hart is gevul met wanhoop. Jy weet jou dood moet spoedig nader kom.
Dan, iewers in die verte hoor jy die klank van sang. Jy besef hierdie lied kom nie van buite die mure nie maar van binne die trunksel, nie van besoekers nie maar van gevangenes. Terwyl jy luister besef jy dit was die mans wat die vorige aand ingesleep is, mans wat gearresteer, geslaan en tronk toe gestuur is omdat hulle 'n vrou van aanranding bevry het en ook die naam van Jesus Christus bely het. Jy besef dat hulle lied 'n soort klaaglied is, 'n klag teen mens en God. In 'n manier spreek dit van frustrasie by God oor hierdie omstandighede en spreek vloeke oor hul vyande uit. Dit blameer God dat hy nie hierdie gebeure deur Sy voorsienigheid verhinder het nie en is gevaarlik naby daaraan om Sy naam te vervloek. Alhoewel jy van hierdie God gehoor het en beiIndruk was deur sommige van dit wat jy geleer het, kan jy nou voel hoe jou verwagting kwyn en jou hart verhard.
Maar laat ons hierdie verhaal herskryf, want dit is nie wat gebeur het in Handelinge 16 waar ons lees van Paulus en Silas wat aangekla en aangerand word en gevange geneem word nie. Alhoewel hulle niks erg gedoen het as om 'n vrou van onderdrukking te bevry nie. Hulle ernstig gegesel en beperk tot die donkerste kelders - die einste plek wat ek vir jou gesê het om jouself in voor te stel. En in daardie kelder het hulle begin bid en sing – om liedere te sing wat voortgevloei het uit hul liefde vir hul God, hul vertroue in Sy evangelie en hul hoop op Sy voornemens. Kom ons herhaal ons gekorrigeerde weergawe van hierdie storie soos volg:
Iewers in die verte hoor jy die klank van sang. Jy besef dat hierdie lied nie 'n klaaglied is nie, ook nie 'n aanklag, van bespotting nie, maar 'n loflied, 'n lied van vreugde, 'n lied van triomf. Dit is nie in 'n treurige toonset nie, maar 'n toonset wat vertel, nie van ‘n nederlaag nie, maar van ‘n oorwinning. Saam met die ander gevangenes luister jy, sommige luister dalk uit blote nuuskierigheid maar sekerlik ander omdat hulle geinspireer is. Wanneer soveel gevangenes hul rug op hul god gedraai het, hoekom gaan hierdie mans voort om hul liefde vir hulle s'n uit te druk? En wat is dit in hierdie donker omstandighede wat hulle noop om Hom te bly vertrou en aan te hou om Sy lof te besing? Terwyl jy luister, voel jy hoe jou hart roer, jou hartseer stil word, jou hoop begin styg.
Daar is iets heiligs, iets aantrekliks, iets magneties omtrent diegene wat God loof in hul smarte, aan diegene wat liedere sing en God loof in hul donkerste storms. Om die waarheid te sê, ek glo die ewigheid sal bewys dat die rede waarom God dit goed geag het om sulke smarte toe te laat, dikwels is omdat Hy bedoel het dat Sy mense aan 'n skeptiese wêreld en aan wankelende heiliges moet bewys dat geloof die grootste teleurstellings kan oorleef, dat liefde vir God selfs die grootste verliese kan verduur, dat God se mense Hom uiteindelik liefhet vir wie Hy is, nie vir wat Hy aan hulle gegee het nie. God bedoel dat Sy volk moet bewys dat hulle hom sal liefhê wat ookal Sy voorsienigheid bepaal en hoe dit ook al gebeur.
Dit is dus die heilige roeping wat gegee word aan diegene wat ly – om bewende hande op te lig, om trane bevlekte oë op te slaan, om met ’n wankelende stem te sing, om God so te loof deur te aanvaar. Dit is die heilige roeping wat verkondig dat liefde vir God enige beproewing sal oorleef. Dit is die heilige roeping wat groot eer aan Sy naam bring.
(In Die Donkerste Beproewing)
Laat jou aanbidding jou getuienis wees
Comments