top of page

Jesus in my kind se lewe


baba hand
Prediker 12:1 Dink aan jou Skepper in jou jong dae
voor die swaar dae kom,
die jare aanbreek waarvan jy sal sê:
“Ek het daar niks aan nie.”

Miskien onthou u nog hierdie ou bekende liedjie?

Dink aan jou Skepper in jou jong dae Dink aan genade ontvang Lewe is nie lewe sonder Jesus Gee jouself aan Hom in jou jong dae Jongmens wat verlang jy van die lewe? Is daar pyn en seer reeds in jou hart? Droefheid wat veroorsaak word deur sonde? En onrus oor die dag van more? Dink aan jou Skepper in jou jong dae Dink aan genade ontvang Lewe is nie lewe sonder Jesus Gee jouself aan Hom in jou jong dae Is jou lewe ‘n gejaag na wind? Soek jy ook na iets wat jy nie vind? Is jou hart ‘n leemte sonder vrede? Luister mooi dan gee ek jou die rede Dink aan jou Skepper in jou jong dae Dink aan genade ontvang Lewe is nie lewe sonder Jesus Gee jouself aan Hom in jou jong dae Kom nou na Jesus, kom vandag nog Gee jou hart aan Hom dat jy kan lewe Liefde, blydskap, vrede en ook vreugde Sal die vrug wees van jou nuwe lewe O dink aan jou Skepper in jou jong dae Dink aan genade ontvang Lewe is nie lewe sonder Jesus Gee jouself aan Hom in jou jong dae Dink aan jou Skepper in jou jong dae

--Cathy Viljoen Erkenning

Liewe mens, u wat hier lees, ek het onlangs iemand in my familie genader oor die geestelike onderrig van haar klein seuntjie, toe 6 jaar oud en sonder enige kennis van Jesus of naastenby christelikheid. Haar antwoord aan my was, “kyk ek stuur hom skooltoe en hulle moet hom onderrig gee, nie my taak nie!”

Ek weet nie was u siening is hieromtrent nie, maar ek weet dat geestelike onderrig in skole (meerendeels) verbied word en dat kinders nie die nodige onderrig daar of by die ouerhuis kry nie (oor die algemeen)

Die vraag is dan, wat word van daardie kind wat die wêreld ingestuur word, sonder enige begrip of waardering van Jesus? Erger nog, as daardie kind die wêreld invaar, in die tye waarin ons lewe, en betrokke raak by die dinge van hierdie gevalle wêreld, wat dan? Hy het geen christelike fondasie om op te steun nie, daarom is die vraag, waar is jy dan as ouer wanneer jou kind in nood is en wat gaan jy dan doen?

Harry Chapin se liedjie “Cat’s in the Cradle” 1974 stuur n boodskap uit aan ouers oor die kosbaarheid van tyd. Luister gerus daarna.


Die lirieke beskryf ‘n pa wat te besig was vir sy seun toe hy gebore was en toe hy hom nodig gehad het in sy grootword jare. Hierdie pa was net te besig met die dinge van die wêreld maar toe die seun groot was, toe het die pa tyd wou spandeer met hom, maar die kind, soos sy pa, was te besig en sodoende het die pa geweet hy het die seun grootgemaak om soos homself te wees en dit was nou te laat om iets te verander. Die belangrike tye in die kind se grootword jare het verby gesnel en dit was alles verniet, ‘n gejaag na wind en ‘n kind wat verlore is in die voetspore van die pa!


Terwyl Paulus sy brief aan die Kolossense afsluit, spoor hy hulle aan om die tyd uit te koop (Kolossense 4:5) Wandel in wysheid teenoor die wat buite is, en koop die tyd uit.


Die tyd wat God ons gee moet gebruik word om te koop daarmee wat vir Hom waardevol is. Hierdie beginsel is so belangrik dat dit gereeld in die Skrif voorkom. In Kolossense 4:5-6 sê Paulus vir die heiliges om hulle tyd uit te koop deur in “wysheid teenoor hulle te wandel wat buite redding is” Laat jou woorde altyd deurweek wees met ‘genade’


Die tyd om ons getuienis te bewaak en ‘n positiewe inpak vir Christus op ander te hê is nou, nie een of ander toekomstige dag nie. Dieselfde is van toepassing op jou kind te opvoeding van kleins af. Jy kannie daardie verantwoordelikheid probeer plaas op een of ander persoon of instansie nie, want God gaan van jou vra oor die kind wat Hy aan jou geleen het en wat jy met die tyd gedoen het wat Hy jou gegee het teenoor die grootmaak van hierdie kind.


Efesiërs 5:16-17 sê “koop die tyd uit want die dae is boos” “wees baie versigtig hoe julle lewe, nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in ‘n goddelose tyd.

Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat God se wil is wat julle moet doen.”


Salomo het ook die jonges aangespoor om die tyd uit te koop. Hy het vir hulle gesê “dink aan julle Skepper in die dae van julle jeug...voordat jy op die ouderdom kom waar jy dit nog nooit gedoen het nie (Prediker 12:1) “Verstaan wat die wil van God is en wees dankbaar in alle dinge (v20)


Hoe kan die kind leer van die dinge van God as die ouer nie die onderrig gee op ‘n wyse dat die kind van kleins af die weë van die Here sal ken en onthou nie?


Die meeste van ons leef asof ons al die tyd in die wêreld het om te mors voordat ons ernstig raak om vurig vir die Here lewe. Ons tyd sal binnekort verby wees en dan, wat van die kind wat jy agterlaat?


Koop nou jou tyd uit deur ernstig te raak oor ‘n hegte, lewende verhouding met Christus en leer jou kind om Christus te ken terwyl daar nog tyd is.

Uittreksel : Pastor John Frederiksen/ Berean Bible Society


7 views

Commentaires

Noté 0 étoile sur 5.
Pas encore de note

Ajouter une note
bottom of page