top of page

Lei my na die Rots


person with dog sitting on a rock

Psalm 61:3 'Van die einde van die aarde af roep ek U aan as my hart beswyk; lei my op 'n rots wat vir my te hoog is. '


INLEIDING


Hierdie psalm is deur Dawid op 'n moeilike tyd in sy lewe, geskryf.

Hy moes dinge hanteer wat hy hom nie kon indink of verwag het nie.

Hierdie Psalm is 'n kreet tot God van 'n desperate persoon wat in 'n plek van oorgang was en waarvan die uitkoms nie seker was nie.

Alhoewel Dawid uiteindelik sou kon terugkyk en sien hoe God hom herstel het, was dit 'n uitdagende plek waarin hy hom bevind het.

Hierdie Psalm gee ons 'n baie persoonlike insig in Dawid se lewe en dit wat hy moes hanteer sowel as die stryd binne homself.


DAWID HET HOMSELF IN 'N PLEK BEVIND, WAAR HY NIE WOU WEES NIE


  • Op hierdie tydstip het Dawid in ballingskap gelewe.

  • Hy was verwyder van dit waaraan hy gewoond was en geniet het.

  • Daar was 'n verandering in sy situasie, en hy het homself in 'n plek of posisie waarin hy nie wou wees nie, bevind.

  • Hy het daardie plek 'die einde van die aarde' genoem!

Psalm 61:3''Van die einde van die aarde af… '


  • Hy het heeltemal van dit waarop hy gehoop of verwag het, verwyder gevoel.

  • In plaas daarvan om in die kern van die heelal van God se seën en plan te wees, het hy gevoel of hy verwyder is van sy regmatige plek en in vergelyking het dit gevoel asof dit die mees afgeleë en ontoeganklike plek op aarde was.

  • Het jy jouself al ooit in 'n plek of situasie bevind waar jy nooit gedink het jy kan beland nie en in 'n plek waar jy nie wou wees nie?

  • Miskien kan daardie plek werkloos, platsak, geskei, alleen, onvervuld, siek, depressief, gefrustreerd of teleurgesteld, genoem word.

  • Net omdat jy jouself in 'n plek of situasie bevind wat jy jou nooit verbeel het moontlik is nie, beteken nie dat daardie plek jou eindbestemming is nie.

  • Jare gelede het ons op 'n klein, smal, kronkelende teerpad gery om by ons plaas uit te kom. Op 'n dag is 'n kennisgewing opgesit dat 'n nuwe pad gebou sou word. My familie was baie opgewonde oor hierdie ontwikkeling. Ons het nie besef dat die nuwe pad min of meer op die plek van die ou pad gebou sou word nie. Die gevolg was dat ons etlike jare op ompaaie en gruisgedeeltes van die pad wat baie erger as die bestaande pad was, moes spandeer. Maar 'n dag het aangebreek toe die nuwe, voltooide, breë pad oopgemaak is en ons kon dit geniet om in gemak en veiligheid te reis.

  • Jy mag jouself op 'n plek bevind waar jy nie wil wees nie, maar dit is nie die einde van die pad nie!

DAWID HET GEVIND DAT HY OORWELDIG GEVOEL HET


Wanneer ons deur moeilike tye gaan, kan ons oorweldig voel.

Soms kom ons voor situasies te staan wat oorweldigend kan voel.

Hierdie is tye wanneer ons in diep water of desperaat voel.

Dawid het belei hoe hy voel.


- Psalm 61:3 ' as my hart beswyk…'


  • Die oorspronklike bedoeling vir die woord ''beswyk'' is die idee om as gevolg van die omvang van die situasie totaal in te gee of om dood te gaan.

  • Dit is nooit 'n aangename ervaring om te voel of jy wil beswyk nie.

  • Ek het al dikwels met mense wat met angs sukkel, te doen gehad. Wanneer hulle akute angs ervaar, word dit 'n 'paniekaanval' genoem en word hulle vreesbevange. Dit beïnvloed dikwels hul vermoë om te funksioneer en om sake duidelik te sien.

  • Wanneer ons oorweldig voel, voel dit asof golwe oor ons spoel en dit kan ons selfs laat voel asof ons onder gedruk word en deur die situasie verdrink word.

  • Hierdie situasie kan ons denke en ons gevoelens beïnvloed.

  • Maar Dawid het geweet hoe om dit te hanteer.

  • Kom ons kyk na wat hy ten midde van hierdie situasie gedoen het en kom ons leer by hom sodat ons sal weet wat om te doen wanneer ons sulke tye tegemoet gaan.


DAWID HET GOD AANGEROEP


Psalm 61:3 '… roep ek U aan …!'




LEI MY NA DIE ROTS

  • Wanneer ons oorweldig en van ons regmatige plek en bestemming verwyderd voel,

  • moet ons nie verteer of oorweldig word nie, maar ons moet ons fokus skuif.

  • Ons fokus moet van die situasie na God en Sy krag en vermoë verskuif.

  • Wanneer dinge oorweldigend lyk, moet ons dit met gebed oorweldig.

  • In sulke tye kan ons God aanroep om ons op te lig soos net Hy kan.

  • Die Here bied ons Sy sekuriteit wat slegs Sy goddelike hulp vir ons kan bring.

  • Dit is moeilik om te bid en God aan te roep wanneer situasies ons oorweldig, maar dit is die

  • beste ding om te doen.

  • As jy in so 'n situasie verkeer, begin net om die Here aan te roep en as dit te moeilik is, spreek

  • net die Naam van Jesus oor jouself en jou situasie.

  • Moenie toelaat dat dit waardeur jy gaan jou keer om God aan te roep nie, laat dit jou eerder

  • aanspoor om Hom nog meer aan te roep.

  • Dawid het God aangeroep. Dit klink of hy 'n geraas gemaak het en tot God uitgeskreeu het.

  • Al het Hy oorweldig en heeltemal verwyderd gevoel, het hy geweet dat hy God kon aanroep,

  • tenspyte van waar hy homself bevind het en ook die situasie waarvoor hy te staan gekom het.

  • Jou situasie is nie groter as jou vermoë om God aan te roep nie.

  • Die situasie en die omstandighede mag dalk nie goed wees nie, maar God is daar met jou.

Psalm 18:3' Die Here is my rots en my bergvesting en my redder; my God, my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my rotsvesting. '


Hierdie notas mag met ander gedeel word.




Recent Posts

See All

2 commentaires

Noté 0 étoile sur 5.
Pas encore de note

Ajouter une note
Nita Kearney
Nita Kearney
28 août 2022

You are my Hiding Place on Youtube

J'aime

Nita Kearney
Nita Kearney
28 août 2022

He is my Hidingplace, my safe place, a place where I feel warm and protected, to Him Ill sing a song of deliverance!

J'aime
bottom of page