top of page

Letsels van Haat


pink hearts

Haat verwek twis, maar liefde bedek alle oortredings. Spreuke 10:12

'n Sagte antwoord keer die grimmigheid af, maar 'n krenkende woord laat die toorn opkom. Spreuke 15:1


Hoe bekend klink hierdie teks verse nie in ons eie lewens nie!


‘n Toewyding tot vrede in jou huis vereis wedersydse vertroue. Wanneer beloftes gebreek word, en die humeur en woede vlam op, dan verdwyn die vertroue soos mis voor die son. ‘n Toewyding van intense liefde aan iemand bring dikwels mee die meegaande gevaar van intense diep seerkry as gevolg daarvan en dit kan ons verwag in enige verhouding of gesinsverband.


‘n Gebroke hart laat mens soek na werklike vrede en genesing van die pyn, hoe kortstondig ookal of vir n vlietende oomblik in tyd, net om te vergeet van die sielswroeging waardeur jy gaan op daardie stadium van jou lewe.


Familie is die kernpunt van hierdie tipe gebrokenheid omdat jy baie kwesbaar is in jou familie verhouding.Dit is ook die plek waar die meeste uitbarstings geweldadige gevolge het, juis omdat dit die plek is waar jy die meeste veilig voel. Dit is dan ook die middelpunt van die vyand se aanvals tegniek op jou, deur jou familie.

Die gevolg van vrees, ongeag die dryveer daarvan, bring mee woede en konflik. Dit is altyd beter om die emosie uit die situasie te haal en te wag vir kalmte voordat besluite geneem word. Onthou Johannes 4:18 en weet dat die liefde dryf die vrees na buite.


Onrus in die familie verband, het ‘n traumatiese effek op die kind in die familie en dit ontneem die kind van sy plekkie van veiligheid. Woede en konflik in die familie verband los letsels op die geheue van die kind wat later tot groter hartseer kan lei in die familie.


Vrede begin in die huisgesin. Dit is die fondamentele waarheid binne enige verhouding. Maak ‘n besluit dat jy onvoorwaardiglik liefde sal betoon, dat jy vergewensgesindheid sal openbaar in elke situasie binne die familie verband. Onthou dat liefde teenoor mekaar het ‘n baie diep verbintenis, sterker as enige ander emosie en standvastiger as enige ander ooreenkoms teenoor iemand.

Jaag die vrede na, te alle tye, wees versigtig met die tong en waak oor jou gedagtes sodat jy net die dinge wat mooi en welgevallig is bedink.


Mag Sy Vrede en Genade jou deel wees vandag. Amen.




10 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating
bottom of page