top of page

Maar Waarom dan God?


Hab 1:2  Hoe lank, o HERE, roep ek om hulp, maar U hoor nie; skreeu ek tot U: Geweld! —maar U help nie? 


Habakuk kla oor onreg


Hab 1:2  Hoe lank, o HERE, roep ek om hulp, maar U hoor nie; skreeu ek tot U: Geweld! —maar U help nie? 

Hab 1:3  Waarom laat U my onreg sien en aanskou U die moeite! Ja, verwoesting en geweld is voor my oë; en daar is stryd, en twis begin. 

Hab 1:4  Daarom verloor die wet sy krag, en die reg kom nooit meer te voorskyn nie; want die goddelose omsingel die regverdige, daarom kom die reg verdraaid te voorskyn. 


Dit is die kreet van menigte vandag “Waarom? Waar is God, as hierdie dinge gebeur?”

Hoekom laat Hy dit toe?


Ons vergeet, dat ons lewe in ʼn gevalle wêreld! Ons sien die leed om ons, die gruwelikste dinge wat gebeur, moord en verwoesting waar ons ook al kyk. En dan hoor ons die mens wat in vrees begin roep na God en vra, “Waarom God, gebeur dit met onskuldiges, waarom laat U dit toe?”” Wat van die regverdiges onder ons, daar is geen geregtigheid meer nie”!


Is Habakkuk so ‘n hooghartige, selfregverdigende trotsaard dat hy net ander mense se sondes raaksien en nie sy eie nie en só onder ‘n illusie leef dat God hom nie sal oordeel nie? Nee. Voordat God sê dat Hy die hele wêreld sal oordeel maak Hy eers onderskeid tussen die twee tipes mense op aarde, die hoogmoedige mense en die regverdige mense (Hab. 2:4). Die hoogmoedige mense, wat blykbaar nie God nodig het nie, sal almal geoordeel word. Die regverdige mense sal lewe. Nou, hierdie regverdige mense is nie hierdie perfekte mense wat nooit sondig nie, want die Bybel maak dit duidelik dat daar nie eers een so ‘n mens is nie (Ps. 143:2).


Daarom sal die regverdiges nie bly lewe omdat hulle so onberispelik goed lewe nie, maar hulle sal deur die geloof lewe. Omdat hulle glo in iets spesifiek, sal hulle lewe en dit waarin Habakkuk sy geloof gestel het, is dat die Here heil sal bring, met ander woorde verlossing (Hab. 3:18).


God se antwoord kom weer en verseker Habakkuk dat Hy, die Heilige wat uit sy tempel oor die hele aarde regeer, ook die Babiloniërs sal vergeld vir hulle kwaad. God sal die hele aarde vir hulle boosheid straf. Noudat God vir Habakkuk verseker het dat Hy al die ongeregtigheid sien en dat Hy dit sál straf, sing Habakkuk sy bekende psalm in die laaste hoofstuk. Habakkuk sing van blydskap oor God se oordeel, Habakkuk, ‘n sondaar wat ‘n ewige skuld het om af te betaal, sing van blydskap oor God se oordeel.


Daarom is daar ook n boodskap vir jou en my in die tye wat ons leef. Dat ons sal bewus wees dat, ongeag die dinge wat ons met ons menslike oë aanskou, daar ‘n Soewereine God is wat in beheer is van alle dinge! Hy het ‘n volmaakte plan en Sy Wil sal in alles geskied. Ons het ook Sy beloftes dat Hy diegene wat Hom liefhet en aan Hom behoort, nooit sal verlaat nie en ons sal vashou in die Palm van Sy Hand.


Daarom sal ons altyd, nieteenstaande die geweldige aanslae van die bose en die vewoesting om ons, die lied an Habakuk sing te midde van alles, tot Sy Eer!


Nita Kearney / Gas Skrywer


HABAKUK 3:17-19 AFR83



Mag dit ook jou lied wees te midde van die storm!


Recent Posts

See All

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating
bottom of page