top of page

Magteloos


Bybelvers Johannes 15:5
Al ooit gewonder waarom jy nooit iemand se gedagtes oor die waarheid van enige geestelike saak sal kan verander nie?

Dit klink dalk vreemd komende van iemand wat sy lewe gegee het vir die verdediging van die waarheid en van die werklikheid – die Bybelse verhaal – en wat vir byna 'n halfeeu gewerk het om kritici te oortuig dat Christenskap die moeite werd is om oor na te dink. Maar dis waar. Ek was magteloos.


Daar is 'n rede waarom met die eerste oogopslag my persoonlike  opinie  na onbekwaamheid blyk te wees. Ek wil hê jy moet oorweeg wat die bybel leer omtrent ons vyand- die opposisie magte wat ons teenstaan.


Die duiwel, wat geestelike magte van goddeloosheid in hemelse plekke beveel (Ef. 6:12), gebruik demoniese planne om die hele wêreld te mislei (Op. 12:9), en verblind die denke van die ongelowiges sodat hulle nie die lig van die evangelie kan sien nie (2 Kor. 4:4). Dus, "die hele wêreld lê in die mag van die Bose" (1 Joh. 5:19).

Paulus sê vir Timoteus dat diegene wat teen die evangelie gekant is, in "die strik van die duiwel is nadat hulle deur Hom gevange gehou is om sy wil te doen" (2 Tim. 2:25-26). Hy sê dus vir Timoteus om nie twisgierig te wees nie, maar om geduldig en sagmoedig met sy teenstanders te wees sodat, "as God hulle miskien bekering mag gee wat lei tot kennis van die waarheid, en hulle  dan tot hulle sinne kan kom en sodoende uit die strik kan ontsnap."


Het jy iets in daardie laaste gedeelte opgemerk? God is die aktiewe Een wat die bedrieglike demoniese denkwyse uitwis en mense tot bekering bring, nie ons nie. Dit is waarom Lukas van Lidia sê, "Die Here het haar hart oopgemaak om te reageer op die dinge wat Paulus gespreek het" (Handelinge 16:14).


Natuurlik is "vlees en bloed" – die menslike element van die vergelyking – nie onbelangrik nie. Ons speel 'n kritieke rol, maar ons is nie die deurslaggewende faktor nie. Jesus het gesê: "Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie;  Ek sal hom opwek op die laaste dag" (Joh. 6:44).


In Jesus se laaste instruksies aan Sy dissipels die aand toe Hy verraai is, het Hy vir hulle gesê dat ons getuig. Maar ons is nie alleen nie. Die Gees getuig saam met ons getuienis (Joh. 15:26-27). "Die Gees van die waarheid", het Hy gesê, "sal die wêreld oortuig van sonde, geregtigheid en oordeel" (Joh. 16:8, 13).


Ja, ons moet ons voorberei om ’n antwoord te gee (1 Pet. 3:15). Ja, ons moet teenstanders met sagmoedigheid en geduld nader (2 Tim. 2:24–25). Ja, ons moet met ander redeneer en verduidelik en getuig (Hand. 17:2–3). Maar die Gees is die een wat die las opgedra is om iemand te oortuig. Nie ons nie.


So, hier is die wegneem gedagte. Doen jou huiswerk. Wees voorbereid. Maak die meeste van die geleenthede wat God jou gee. Wees vriendelik (Kol. 4:5–6). Vertrou dan op die Gees om te doen wat net Hy kan doen: verander  opstandige harte en gun hulle bekering in Christus.


In 'n sekere sin is ons verantwoordelikheid dus om oortuigend te wees, maar nie om te oorreed nie. Daardie taak behoort aan die Een wat baie meer bekwaam is as jy of ek. Ons is die boodskappers, maar dit is die boodskap – die evangelie self wat deur God se Gees gestuur  word – dit is “die krag van God tot redding vir elkeen wat glo” (Rom. 1:16).


Dit is hoekom ek gesê het jy sal nooit iemand se gedagtes kan verander oor die waarheid van enige geestelike kwessie nie. Laat ek dit weer herhaal, met behoorlike klem ter wille van duidelikheid. Dit is hoekom ek gesê het jy sal nooit iemand se gedagtes kan verander oor die waarheid van enige geestelike kwessie nie. Dit is God se werk.


Hier is die berekening: 100% ons en 100% God. Ons is 100% verantwoordelik vir ons kant van die saak, en God is 100% verantwoordelik vir Syne. Ons fokus op ons taak, dan vertrou ons God om dit van daar af te neem. Dit is Sy taak, nie ons taak nie.


Vrye vertaling deur Nita Kearney van die artikel deur Greg Koukl




Greg founded Stand to Reason in 1993 and currently serves as President. He has spoken on more than 90 university campuses both in the U.S. and abroad and has hosted his own call-in radio show for over 30 years, advocating for “Christianity worth thinking about.” He has debated atheist Michael Shermer on national radio and Deepak Chopra on national television. An award-winning writer and best-selling author, Greg has written seven books, including Street Smarts—Using Questions to Answer Christianity’s Toughest Challenges, The Story of Reality—How the World Began, How It Ends, and Everything Important that Happens in Between; Tactics—A Game Plan for Discussing Your Christian Convictions, and Relativism: Feet Firmly Planted in Mid-Air. Greg has been featured on Focus on the Family radio and has been interviewed for CBN and the BBC. He's been quoted in Christianity Today, the U.S. News & World Report, and the L.A. Times.


Greg received his Masters in Philosophy of Religion and Ethics at Talbot School of Theology, graduating with high honors, and his Masters in Christian Apologetics with honors from Simon Greenleaf University. He is an adjunct professor in Christian apologetics at Biola University.

4 views

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating
bottom of page