top of page

Nederigheid


Hands on the Bible

Gal 5:22,23 “Die vrug van die Gees, daarteenoor is liefde, vreugde, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing".


As daar vandag een kenmerk is wat die wêreld nie van hou nie, dan is dit “nederigheid”. Om suksesvol te wees in ons hedendaagse lewe beteken eenvoudig om onverskrokke op te tree ten einde jou doel te bereik. Jy moet daadwerklik jou pad oopveg, op mense trap en alles in die stryd werp, reg of verkeerd om jou doelwit te behaal. Dit kan dikwels wees ten koste van ‘n ander persoon se geluk, sukses of lewe! Dit is die harde lewe waarin ons tans ons bevind!


Wat dan van nederigheid of sagmoedigheid?


Hierdie is dood eenvoudig deel van die “vrug van die Gees” soos die Skrif ons leer! Sagmoedigheid het niks te doen ruggraatloosheid of patetiese houding nie. Nederigheid het te doen met dat jy altyd in alle eers die eer van God moet soek. Wat is dit, mag jy vra. As iets tot eer aan God is en dit beteken dit soms swaarkry, dan is dit so! Die eie-ek moet nooit op die voorgrond wees nie maar altyd God eerste in alles wat ons doen. Dit sal beteken dat ons afstand doen van die “goeie naam of posisie” wat absoluut wêrelds is! Om nederig te wees word vandag beskou as ‘n swakheid in baie vooraanstaande kringe asook die werks omgewing!

Die bekende gesindheid vandag is rondom “ek laat nie op my trap nie”, of “ek is die baas”, of te meer nog “ek slaan die kitaar en jy dans”, dis my huis, my kar my goed en sovele meer.


As ons kyk na Mat.5:3, “Salig is die een wat weet hoe afhanklik hulle van God is” dan kom die vraag, “Wat besit ons wat nie deur God aan ons ‘geleen’ is nie”? Ek, as mens is tot niks in staat as dit nie deur God moontlik gemaak is nie. In dankbaarheid moet ek en jy in totale nederigheid en dankbaarheid voor Hom staan!


Nederigheid beteken om beskeie te wees, om bereid te wees om terwille van die evangelie, die minste te wees. “Joh1:30b “God moet meer word en ek minder”. Nederigheid is ‘n eienskap van Jesus Christus, selfs as Seun van God. Sy Vervoer ten tye was ‘n donkie en nie ‘n wit perd nie, maar die vul van ‘n pakdier!


Die volgende skrif verwys na nederigheid as deel van die vrug van die Gees:


Jak. 3:13 “Is daar ‘n wyse en verstandige mens onder julle? Dan moet hy dit toon deur sy goeie gedrag en deur dade wat van Nederigheid en wysheid getuig”


Spr.15:33 “Om die HERE te dien, is om onderrig te word in wysheid, nederigheid kom voor eer”


Spr 29:23 “Hoogmoed bring ‘n mens tot ‘n val, nederigheid bring eer”

Nederigheid beteken NIE

  • Dat jy jouself moet vergelyk met ander en dink die een is meer belangriker as die ander nie,

  • Dat jy hoogmoedig moet wees nie

  • Dat jy eiewys moet wees nie

  • Dat jy dink jou gawes is belangriker as ander s’n nie ens.

Waak teen die gees van hoogmoed en doen alles wat God jou vra en tot SY EER alleen. Nederigheid kan alleenlik bestaan in ‘n gees van liefde teenoor ander, sonder afguns!


My liewe leser, ons moet waak teen die gees van hoogmoed en ons moet lewe tot eer van Sy Wonderlike Naam, want “Hy is die Pottebakker en ek en jy is die klei” As jy sukkel met nederigheid as ‘n gesindheid, laat God toe om jou ‘n nuwe hart en ontvanklike gees te gee! Tot Sy Eer!


Gas Skrywer: Nita Kearney




4 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating
bottom of page