top of page

Ontevredenheid !


two wooden figures on blue bench

Wat is ontevredenheid in ons hedendaagse samelewing? Hoe manifesteer dit? Hoe weet ons of ons in daardie kategorie val?


  • Ontevredenheid is ‘n manifestasie van trots. Diegene wat met ‘n trotse gees rondloop, hulle is altyd ontevrede, hulle glo hulleself, volg hulle eie sondige begeertes, hulle is grootliks luidrugtige grootpraters wat altyd soek om begunstig te word en voordeel te trek uit elke situasie. (Judas 16)

  • Ontevredenheid, as ‘n manifestasie van trots, vloei uit die hart en dra die boodskap van “ek verdien beter as wat God my gegee het” Dit, was ook die oorspronklike sonde van Satan self!

  • As ons na Judas 16 kyk, sien ons presies die gevolg van die ontevredenheid gedryf deur die trotse gees van Engele wat nie binne hulle eie gesagsposisie gebly het nie, maar hul woning verlaat het.

  • Wanneer iemand ooit daardie gedagte koester, dat hy of sy beter verdien as wat God aan hulle gee, dan moet jy onmiddellik weet dit is die teenoorgestelde van alles wat jy glo. Ek verdien niks, inteendeel, wat ek het is net geleen en wat ek is, is blote Genade van die Vader wat Sy eie Seun opgeoffer het vir my sondes. Ek, as mens het niks verdien nie!

  • Ontevredenheid is ‘n nie alleen ‘n groot sonde nie, maar dit is ‘n uitdrukking van rebellie.

  • As ons vergelyk na Job wat alles verloor het, dan vergelyk ons dit met onsself wat tydens swaarkry of dood die Here blameer en uitroep na Hom wat iets wegneem van ons wat ons nooit eintlik moes gehad het nie, of te wel, dit wat alleenlik aan ons geleen is, dit sluit in ons ouers, ons huweliksmaat, ons kinders, alles net geleen in Sy Genade aan ons wat niks verdien nie!

  • Ontevredenheid is ‘n helse sonde want in jou hart is dit ‘n uitdrukking van rebellie teen God. Die klei en die pottebakker as voorbeeld. Die klei kan nie vir die pottebakker vrae vra of eise stel nie (Rom 9:20) daarom leer die Skrif ons deur aan te haal “Wie is jy om so met God te praat?”

  • Laastens, ontevredenheid is die vrug van ongeloof! Vergelyk Eksodus 17 en sien die seën wat God op Sy volk gebring het maar nogtans, soos in die geval van water tekort in die woestyn, het hulle besorgdheid gemetasteer in ongeloof en het hulle gesê “Is die Here onder ons of nie?” (vers 17:7)

  • Hulle was verloste mense maar het hulle vertroue in God verloor! As jy twyfel of God met jou is, sal jy nie meer die verwagting koester dat Hy sal voorsien nie! Dan begin die sonde van ontevredenheid posvat in jou.

Hoe nou gemaak met ontevredenheid?

  • As jy miskien op die plek is dat jy begin twyfel in God en ontevredenheid besig is om te manifesteer in jou lewe, dan is die volgende vir jou:

  • Vra Hom om jou hart skoon te maak van ontevredenheid en om jou te help groei in jou geloof in Hom

  • Jy sal vind :

Vrede met die wete dat alles wat jou aangaan in die hande van die Verlosser is wat jou liefhet

Bevrediging is om te weet dat jy in Jesus Christus alles het wat jy nodig het.


Vertroue begin wanneer jy weet dat Hy getrou is en diegene wat na Hom kyk, sal nooit beskaamd word nie

Ten slotte, Alan Redpath sê,

“daar is niks, geen omstandighede, geen moeilikheid, geen toetsing, wat my ooit kan aanraak voor dit nie eerstens verby God en verby Christus tot my gekom het nie.”

As dit so die pad volg na my, dan is daar ‘n doel daarvoor. Ek hoef nie te verstaan nie, maar net weet God is daar en ek slaan my oë op na Hom want geen omstandighede sal my laat bekommer nie, want ek sal rus in die vreugde van wat my God vir my beplan….die res is oorwinning!


Vertaling deur: Nita Kearney / Gas Skrywer


Oorspronklike Pos deur: Colin Smith - The Open Bible


Founder & Teaching Pastor

Colin Smith is the Senior Pastor of The Orchard Evangelical Free Church in the northwest suburbs of Chicago. He has authored a number of books, including Heaven, How I Got Here and Heaven, So Near - So Far. Colin is the Founder and Teaching Pastor for Open the Bible. Follow him on Twitter.


Skulptuur : David Furman



2 views

تعليقات

تم التقييم بـ ٠ من أصل 5 نجوم.
لا توجد تقييمات حتى الآن

إضافة تقييم
bottom of page