top of page

Soms - Gedagtes


liquid texture
S O M S

SOMS..



Soms, is om alleen te wees gees vervullend


Soms is dit goed om mense rondom jou te hê


Soms is dit beter om in jou eie gedagtes te verdwaal


Soms is dit die gedruis van die lewe wat jou tuis laat voel


Soms is die stilte ‘n tyd vir siels ondersoek


Soms  hoor jy die pols van die skepping


Soms is daar ‘n stem in die geritsel van die blare


Soms is daar onrustigheid in die donder wolke


Soms is daar hemelse musiek in die klank van reen druppels


Soms dwaal jy in jou eie gedagtes na die rede vir jou jy wees


Soms verdwaal jy in die bladsye van die Groot Boek


Soms is jy soekend na die Skepper


Soms is daar sommer niks, net jy en jou dwalende gedagtes


Soms is die dag te lank die nag te kort


Soms is die lewe kortstondig sonder rede verby


Soms is daar skielik niks, nie eens jy ...


8 views

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating

Stuur vir my 'n boodskap, deel jou gedagtes, en kom ons reis saam.

© 2023 deur Ponderings. Alle regte voorbehou.

bottom of page