Ons gaan almal een of ander tyd gebukkend onder ‘n lewenstorm. Die omstandighede, die intensiteit en gevolge daarvan verskil maar die storm bly steeds jou lewenstorm. Die vraag is, watter storm woed in jou lewe?
Die storm deur God gestuur
Dit is ‘n waarskuwings storm en waarsku jou teen die pad waarop jy miskien verkeer. Dit is ‘n storm wat teenstrydig is met jou lewenswandel. Dit is ontstellendheid wat woed in jou geesmens en jou inderdaad waarsku oor die lewensweg wat jy volg. Dit is asof jy onbewustelik besef dat daar n stem is, diep in jou siel, terwyl hierdie storm oor jou lewe woed. Die stem wat jou wil bring na die volmaakte Plan vir jou lewe soos Hy vir jou bestem het. Jy word amper soos Jona wat vlug van die God se Plan maar teneinde, uitgespoeg word op die strand en soos bestem, Nineve toe gaan. Op dieselfde manier herinner hierdie stemmetjie ons van die nuttelooslheid van ons lewensbestaan, vasgevang in die dinge van hierdie gevalle wêreld! Soekend na iets wat ons vrede kan gee, iets wat die vacuum vul wat ons het in ons lewe. Nogtans, hou ek en jy vas aan die verkeerde weg, jaag ons die genot van die lewe na tenspyte van pyn en hartsteer. Ons kies die uitweg van pille of dikwels drank, word vasgevang in die diep donker bestaan van depressie, maar ons verhard in ons lewenswandel tenspyte daarvan.
Ons eindig op met die galbitter nasmaak van ons gebroke lewe wat ons soos ‘n lang kronkelende pad agter ons saamsleep en polsend bly voort bestaan in ons as mens.
Die storm deur die vyand gestuur
Hierdie is die storm wat herkenbaar is deur die teiken of oorsprong van die storm. Daar was telkens sulke storms wat aangekom het teen Jesus. Hulle was geteiken om om Hom te vernietig maar Hy het dit oorwin. Dit neem dikwels die vorm aan om die kind van God te vernietig! Dit is storms wat jou geloof sekerheid aanval, jou aftakel sodat jy in moedeloosheid verval, tot die punt van om Hom vir alles te beskuldig wat oor jou lewe kom. Hy wat jou liefhet te verloën! Jy kom in opstand teen Hom en staan spreekwoordiglik met die vuis gebal teen God. Jy word koud in jou liefde vir Hom as jy jou werk verloor, jou huwelik op die rotse loop en dan vergeet jy dat hierdie aanvalle geloods is deur die meester van die leuen.
Hy wat gevra het om Job te sif, Job se storms was so groot maar nooit het hy God die skuld gegee nie want hy het God geken as ‘n God van Liefde. Hy is beloën vir sy geloof en het terug ontvang baie meer as wat hy verloor het gedurende hierdie storm. Ons kan versker weet dat ook tydens hierdie storms in ons lewe, dat “the Lord of the Mountain is also the Lord of the Vallely” Ons gaan eers deur die valei om op die berg te kom, maar Sy belofte is Hy sal ons nooit begewe of verlaat nie as ons net vashou aan Sy beloftes vir ons lewe. Onthou, God het toegelaat dat die vyand Job sif, maar hy is weerhou om sy lewe aan te raak!
Die storm wat deur n ander oor jou lewe kom
Hier is ‘n derde party teenwoordig. Daardie skielike storm wat oor jou lewe kom as jou man of vrou sê “Ek wil skei” en jou lewe soos n kaartehuis inmekaar tuimel, of jou kind bedwelmend op die vloer lê, jou dogter haar polse sny, jou man se geliefkooste tydverdryf ontbloot word as “pornografie”, terwyl jy dink hy werk. Dit is wanneer daardie derde party meedoenloos jou lewe betree, jou familie uitmekaar ruk of jou beste vriend of vriendin se optrede, jou sekuur tref met ‘n doodspeil in jou hart. Dit tref skielik, jy sit alleen en worstel met die seer en jou lewe letterlik oopgekloof as jy dink aan die persoon wat dit veroorsaak het. Die persoon wat jy vertrou het by jou kind, die pyn en lyding wat jou kind deurgaan en die man wat jy vriend genoem het, wat besig was met sy eie duistere agenda.
Selfverwyt en die storm woed voort op elke gebied van jou menswees. Om te hoor jou kind is verkrag of jou geliefde is doodgeskiet of jou ouers vermoor! Daardie beelde van wellus wat jou man of seun beheer, sy denke vul en soos ‘n dodelike spinnekom hom toeweef in iets wat hy nie kan los nie. Hy bevind hom in die overspellustige vergype van wellus terwyl hy die naaktheid van ’n ander vrou verslind in sy denke en hy word ‘n vreemdeling in jou huis. Sy vriende wat hom vermaak met vuil grappe en hom verder in die spiraal van die kronkelende afgrond aanhelp. Hy is miskien nou sterwend, sy vriende is weg en net jy is in die oog van die storm wat voort woed. Onthou dan weer, as Kind van God, Hy het ‘n plan in jou lewe en Hy is in beheer van alles!
Die onverklaarbare storm
Daar is nie ‘n verklaring daarvoor nie. Jou geloof en liefde vir die Here is standvastig. Daar is nie iemand sander wat verantwoordelik is vir hierdie storm nie. Daar is owneerswolke, jy soek redes, jy lees dieper in God se Woord, soekende. Die skielike knop in jou bors en die dokter se woord “jammer dit is fase 4 ons kan niks meer doen nie, jy het 2 maande oor”. Die skielike afdanking by jou werk wat moet plek maak vir iemand anders en dit is ‘n bemagtigings bevel. Daar is die intense pyn wat jou wil oorwelding want jy lewe in God se wil!
Hierdie is die storm wat jou deur die smeltkroes van die vuur vat om jou suiwer te maak, ‘n bruikbare voorwerp te maak in God se werk. Volmaaktheid in geloof.
Dit is die storm wat jou laat uitreik na ander wanneer jy met sekerheid kan sê, “neem my hand, ek was daar, laat my jou help”. So persoon sal weet dat die hand wat jy aanbied benat is met die trane van pyn en ervaring, diep geloof en opregte medelye. Die hand wat die littetekens waarneem in jou palm. Hier vergeet jy van jouself as jy ander bedien, jy vind berusting want jy weet, jy word geweeg, kaf word van die koring geskei en jy weet die saad moet eers doodgaan voordat dit lewe kan voortbring. Jy weet as kind van God dat Hy jou deur alles laat gaan volgens Sy volmaakte Plan en tot die uitbreiding van Sy Koningkryk! Sy beloftes en Sy plan in jou lewe is altyd volmaak. Hou net vas aan Hom!
Hierdie boodskap is van die skrywer wat self deur hierdie storms gegaan het, self die pyn en wroeging gesmaak het maar wat vandag kan getuig “net Genade en Genade alleen het my staande gehou in Sy Liefde vir my”
Mag daar iets hierin wees wat iemand mag help wat deur ‘n storm gaan.
Onthou, God is Soewerein in altyd teenwoordig en in beheer van alles, ook jou en my lewe!
Nita Kearney / Gas Skrywer
Comments