top of page

U Woord vir Vandag 06/04/2024

'n Tweesnydende Swaard - Wapenrusting van God

HEBREËRS 4:12



God het vir ons ‘n ‘geestelike wapenrusting’ gegee soos Paulus dit verduidelik, sodat ons teen die bose kan veg.


Hoe gebruik ek, as gelowige, die ‘geestelike, tweesnydende swaard”? Ons moet die geestelikheid van die swaard verstaan, eerstens om te weet dat hierdie tipe swaard is gebruik in oorlogvoering en dit was deel van die Romeinse soldaat se uitrusting.


Ons verstaan dat vandag, is ons geveg nie teen vlees en bloed is nie, maar teen die aanvalle van die bose ." Aangesien elke Christen in 'n geestelike stryd teen die bose magte van hierdie wêreld gewikkel is, moet ons weet hoe om die Swaard van die Woord behoorlik te hanteer. Slegs dan sal dit 'n effektiewe verdediging teen die bose wees en 'n waardevolle verdedigings strategie om die "vestings" te vernietig teen redenasies en elke hooghartige aanval (2 Kor 10:4-5).


Hierdie swaard is tot ons beskikking as ons dit effektief gebruik.


Sodoende moet ons besef dat hierdie swaard is DIE WOORD VAN GOD. Heb.4:12.Dit is inderdaad die Woord van God, wat die “hart” bereik, daar waar die motiewe en gevoelens se oorsprong is.

Die Woord gee geestelike sterkte om ons toe te rus teen die aanslae van die bose (Ps 119:11; 33-40; 99-105) Dit gee geestelike sterkte aan die christelike soldaat van God.


As ons die Woord verstaan, word dit ‘n dodelike wapen teen die aanvalle van die vyand!

As jy geestelik aangeval word, soos dit gedurig gebeur, dan hoor jy miskien iets soos “jy is nikswerd, of jy is te swak, te sondig, te dit of te dat…” Dan neem jy die Swaard en reageer met “ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee..” Dadelik is die woorde van die aantyging vernietig deur die Swaard (Fill.4:13).

Miskien is iemand besig om valse getuienis teen jou te bring…weereens neem die Swaard “Geen wapen ten my opgeneem sal tot uitvoer kom nie “Jesaja 54:17 Geen wapen wat gesmee word om jou aan te val, sal iets uitrig nie; elkeen wat vals teen jou getuig, sal gestraf word”


Of miskien noem iemand jou ‘n ‘niks werd of verloorder’ wel, neem die Swaard op wat sê “ek is meer as oorwinnaar deur Christus Jesus wat my krag gee” Romeine 8:37-39.


Sodoende, is daar vir elke aanval van die vyand 'n geestelike wapen beskikbaar wat jy, as gelowige moet gebruik….maar dit sal beteken dat jy die Woord moet ken. Vir elke aanval van die vyand is daar ‘n geestelike swaard wat jy moet gebruik. Hierdie is maar n paar voorbeelde, maar die Woord is tot oorlopens toe vol van teks verse wat jy kan gebruik.


As jy die Woord ken, dit memoriseer, dit skryf op die vlees tafels van jou hart, sal die Woord op jou lippe kom sonder dat jy hoef te twyfel, want die Heilige Gees ken die Woord en Hy sal die regte woorde in jou mond plaas. Wat jy moet doen is begin om skrif te ken en te memoriseer.


Eintlik moet dit wees soos iets wat jy daagliks inneem soos kos, jy moet die Woord eet, daagliks, en skryf dit neer waar jy dit al die tyd kan sien en weet hoe om jou Swaard effektief te gebruik. Jy kan nie soek na jou Swaard as jy in oorlog betrokke raak nie!


Maak dit ‘n daaglikse gewoonte om elke dag ‘n nuwe teks te leer, te memoriseer sodat jou wapenrusting volledig sal wees en reg vir die vyand se aanval.


Mag God jou die insig en liefde gee vir Sy Woord en jou voorberei vir elke geestelike aanval teen jou en jou geliefdes. (Deel 2 - Helm van Verlossing)


Coram Deo



Bybelstudie : Wapenrusting van God





Efesiers 6:11

28 views0 comments

Recent Posts

See All

Commentaires

Noté 0 étoile sur 5.
Pas encore de note

Ajouter une note
bottom of page