top of page

U Woord vir Vandag 09/04/24

Borswapen van Geregtigheid - Wapenrusting van God

Effesiërs 6:14


...Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die Borswapen van die geregtigheid aan


Hoe verstaan jy Geregtigheid?


Die Merriam-Webster woordeboek beskryf Geregtigheid as ‘n toestand waarin mens vry is van enige skuld of sonde; of om in ooreenstemming te wees met die vereistes van die geestelik/morele wette (vrylik vertaal).


Jesus en Geregtigheid


Romeine 4:5-8:

Welgeluksalig is hulle wie se ongeregtighede vergewe en wie se sondes bedek is. Welgeluksalig is die man aan wie die Here die sonde nie toereken nie. (Rom 4:5-8 ) 


Hoekom was dit dan reg vir God om ons regverdig te bevind asof ons nog nooit iets verkeerd gedoen het nie? 

terwyl ons weet dat die mens nie geregverdig word uit die werke van die wet nie, maar alleen deur die geloof in Jesus Christus, selfs ons het in Christus Jesus geglo, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof in Christus en nie uit die werke van die wet nie; omdat uit die werke van die wet geen vlees geregverdig sal word nie. (Gal 2:16)


Ons sien dus dat, deur te glo, ons geregverdig en gered word deur Jesus Christus alleen. Die sleutel is in die woord ‘glo’. Elkeen wat glo dat Jesus alleen die Messias is en dat slegs deur Hom ‘n mens geregverdig kan word, sal gered word. Elkeen wat nie glo nie (bv. dat Hare Krishna of Buddha of Allah kan mens ook red) word uitgesluit van die belofte.


En soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die Seun van die mens verhoog word, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. (Joh 3:14-16 AOV)


Die Borswapen

‘n Borswapen is ‘n ontwerp uit 'n pantser wat oor die bors en maag gedra word en wat bedoel is om die hart en ander noodsaaklike organe te beskerm in ‘n geveg situasie. Die hart is die plek waar ons gees en ons gewete is.


Die Borswapen van Geregtigheid (ons is regverdig bevind terwyl ons nog goddeloos was) beskerm dus ons lewe, gewete en ons gees. Dit is hoekom dit so belangrik is om te verstaan dat God die Regter, ons bevind het as een wat niks verkeerd gedoen het nie, TERWYL ons nog goddeloos was. Daardie wete beskerm ons teen aanvalle van die duiwel en selfs van mense om ons wat vingers na ons wys: Ek is die Geregtigheid van Christus! Wanneer ons die Doktrine van Regverdiging uit die Geloof verstaan, gee dit aan ons die vrymoedigheid om na God te gaan met enige saak, en ons weet dat Hy ons sal verhoor. Hoekom? Want Hy kyk na ons asof ons nog nooit gesondig het nie.


Hoekom is die Borswapen van Geregtigheid, of die Doktrine van Regverdiging uit die Geloof, so belangrik vir ‘n gehoor wat oorwegend wedergebore Christene is? Dit is belangrik want


1.     Ons sluit mekaar soms uit en wys vingers na mekaar, op grond van dinge waarop ons deur die Regter van die Heelal, regverdig bevind is.


2.     Ons kan nie effektief uitreik na die mens in die wêreld as ons nie hierdie begrip mooi verstaan en kan verduidelik nie.


Wie van u het ondervind dat u, die dag nadat u wedergebore is, nog net so gesukkel het met dagga of drank of dwelms of porno as die dag voordat u wedergebore is? Nogtans het God u geregverdig en bevind asof u nog nooit gesondig het nie. Ek sê hierdie dinge sodat die Satan nie die broers en susters se sondes teen mekaar gebruik om mekaar uit te sluit van die Genade van God nie. (Deel 4)



Erkenning: Tommy Lessing (Pastoor)



Bybelstudie : Wapenrusting van God





Borswapen van Geregtigheid

20 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating
bottom of page