top of page

VERGIFNIS


Daisy in girls hand

“Vergifnis is die sleutel tot ’n oorvloedige lewe. Bitterheid en onvergewensgesindheid steel by jou....dit beroof jou van vreugde en lewenslus en strem jou geestelike groei. Dit kan jou lewe en gedagtes oorneem” (Voelgoed is ‘n keuse)


Markus 11:25 “en wanneer julle staan om te bid en julle het iets teen iemand VERGEWE hom; dan sal julle Vader wat in die hemel is, julle ook julle oortredings vergewe”


Om te vergewe is nie ’n gevoel nie, dis ’n WILSBESLUIT OF KEUSE wat ons maak. Onvoorwaardelike vergifnis dra mee tot ’n gevoel van vrede in ons hart en gemoed.


Omdat ons in ’n gebroke wêreld lewe, is ons omring deur die duisternis, die magte van die duisternis is gedurig in teenstand met die Lig. As mens is ons geneig om te sê “ek sal nie vergewe nie” maar dit is in teenstelling met God se rigslyne. Om nie te vergewe nie, maak ons deel van daardie smart van aanhoudende teistering aangaande ons denke wat daardie oortreding teen ons gedurig herhaal . Om te vergewe is nie ’n maklike keuse nie, aangesien die oortreding teen jou, wat enige vorm van emosionele of fisiese of albei traumas bevat, diep in jou geheuebasis ingegraveer is.

Ons het God se Woord wat sê, “ek is tot alles in staat deur Christus Jesus wat my die krag gee” en sodoende ontvang ons die krag om te vergewe en verlos te word van die teistering van ons gemoed.

Onvergewensgesindheid veroorsaak ’n verbittering in jou siele dimensie wat ’n wroeging diep binne-in jou psige veroorsaak. Die gevolg daarvan is die bose vrug van verbittering. Dit wat op jou gesig sigbaar word is. Diep trekke van seer en wroeging wat gepaard gaan met ’n diepgesetelde woede waarvan daar geen ontvlugting is nie. Dit ontaard in psigosomatiese siektes.


Die Woord is duidelik hieromtrent. God het gesê : Vergewe sodat Hy ons ook kan vergewe, Moenie kwaad met kwaad vergeld nie, Vergewe sodat ons vrede in ons hart en gemoed kan kry en soveel meer teks verse in die Bybel hieromtrent.


Vergifnis kan nie verdien word nie, dit is ‘n daad van liefde.


Sodoende dan, as ons vergewe, is dit ook ’n geestelike wapen wat ons besit wat kragtig is in die geestes realm. Die gee ons oorwinning oor die daad wat gepleeg is en dit maak ons vry van die neerdrukkende gemoedstoestand terwyl die persoon wat die daad gepleeg het teen ons, nou verantwoordelikheid het teenoor God. Ons moet vrykom van die “reg” wat die vyand het tot ons gemoed deur vry te spreek en, m.a.w. dit terug te plaas op die vyand.


Om nie te vergewe nie, bind jy jouself aan die oortreder se verkeerde dade. Die onreg wat jou aangedoen is, sy wandade bly spook in jou gedagtes, dit strem jou vryheid. Dit is hoekom jy moet vergewe!

Onvergifnis kan mens fisies siek maak, dis gif vir jou gemoed, wat deursyfer na jou hele liggaam. Daardie persoon is dalk glad nie bewus daarvan dat jy so oor hom voel nie en gaan rustig voort met sy lewe, maar jy stry die stryd daagliks in jou gemoed, omdat jy hom in jou gedagtes en hart saamdra. Dit sal jou hele wese en liggaam vergiftig. Vergifnis is ’n openbaring van God se liefde in ons.


Rom 12:19 “Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee geen plek vir die toorn, want daar is geskrywe “aan My kom die wraak toe. Ek sal vergeld, spreek die Here”

Die letsels wat veroorsaak is in die siele dimensie deur die daad wat teen jou gepleeg is, kan deur geestelike berading behandel word en genesing kan plaasvind, maar die eerste stap is om uit jouself ’n gekose vergifnis te doen teenoor die daad en sodoende die persoon, die oortreder, uit jou gemoed te verwyder sodat jy kan oorgaan in genesing.


VERGIFNIS VERANDER NIE DIE VERLEDE NIE, MAAR DIT VERHEF JOU TOEKOMS

DIE VERLEDE BEPAAL NIE DIE TOEKOMS NIE, DIT WORD DEUR JOURSELF BEPAAL DEUR WAT JY MET DIE EMOSIONELE STAND VAN JOU GEMOED DOEN!


Heb. 12:15 (Wortel van die Bitterheid)

Matt. 6: 14-15


Nita Kearney / Gas Skrywer


written prayer

19 views

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating
bottom of page