top of page

Vergifnis


Mat 6:14-15 Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.


Te dikwels hoor ons ..‘ek hou nie van die persoon nie en ek sal hom of haar nooit vergewe vir wat hulle aan my gedoen het nie.’.. Deur ’n wrok teen iemand te hou, hou jy onvergewensgesindheid in plek. Ons kan ook sê dat jy nou ‘swanger’ is met bitterheid. Jy het nog niks gedoen nie, maar jy voel baie negatief teenoor die ander persoon of groep persone. Wanneer jy ’n wrok teen iemand hou, vergewe jy baie moeiliker want jy moet nou met twee dinge deel.


Eerstens, haat is die volgende fase. Jy voel so sterk teenoor die party dat jy voel daar is nie plek vir julle al twee op die aarde nie. Die mense rondom jou sal intens bewus wees van jou gevoelens en dit sal hulle of motiveer om ook so te voel of dit sal hulle heeltemal van jou wegdrywe. Jy is ongelukkig nou so vasgevang in jou emosies dat jy nie omgee nie. Een van die manifestasies van haat is dat geen redenasie of ‘common sense’ hulle kan oortuig dat die fout by hulle ook kan wees nie. Dit is vir almal om hulle duidelik dat die een of ander vorm van vernietiging die enigste uitkoms kan wees.


Tweedens is Moord. Dit hoef nie fisiese moord te wees nie. Jy kan ook mense vermoor met jou tong, want die mag van lewe en dood lê in die tong!


SPREUKE 18:21 AFR53

Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet.

“Unforgiveness is choosing to stay trapped in a jail cell of bitterness, serving time for someone else’s crime.”


My Hemelse Vader, daar is soveel pyn en hartseer in die harte van mense wat nie kan of wil vergewe nie. Vader ek vra vir wysheid vir hulle, sodat hulle kan vrykom van onvergewensgesindheid teenoor mekaar voor dit te laat is. In Jesus se naam, AMEN.


3 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating
bottom of page