Is dit moontlik dat ons, as gelowiges in Jesus Christus, ‘n lewenspad kan loop, onbevrees en versekerd sonder kommer?
Dit is inderdaad so, maar dit is nie almal beskore nie. Alleenlik diegene wat ten volle, in opregte geloof die versekering het dat jou voetstappe deur Hom bepaal is. Vir daardie persoon is die vrede sigbaar en geen vrees is te bespeur in hom nie, want die ongeluk is buite die moontlikheid grense in sy lewe.
Hoe is dit moontlik? Mag jy wel vra, om in vandag se lewe, wat so deurspek is met geweld en moord en allerhande ander vreeslike dinge wat ons daagliks in die gesig staar! Hoe is dit moontlik dat enigiemand onbevreesd en versekerd kan wees in sulke omstandighede?
As jy ‘n wedergebore kind van God is, dan weet jy impulsief dat God se plan soos ‘n goue draad deur jou lewe vleg. Niks kan Sy Plan vir jou verander nie, niks kan jou ruk uit die deurboorde Hand van God. Jy behoort aan Hom. Jou lewensuur is vasgestel en niks sal jou van die aarde af wegruk voordat God se Plan nie klaar is met jou nie. So ook kan niks jou hier op die aarde hou as God se tyds-uur vir jou aangebreek het nie!
Hierdie is nie ‘n “new age” of “wêreldse foefie” nie, hierdie is die versekering wat elke kind van God het dat Hy is ‘n heilige van die Allerhoogste en behoort aan Hom en is daarom in Sy Sorg!
Dit is nie bloot ‘n droom vir bang siele in ‘n donker tyd nie, dit is die essensie van die waarheid, ‘n regverdige opsomming van die Bybel se leer en moet met eerbied en vreugde ontvang word van die Skenker!
Daarom twyfel ek nie meer nie, maar ek rus in Sy Plan, ek wandel in die Sy Skadu terwyl ek vernag in die skuilplek van die Allerhoogste.
My gebed is dat jy, leser, as jy nog soekend en vrees bevange is, ook daardie vrede en rus sal ondervind wanneer jy nader beweeg aan Hom. Hy gee Rus!
Afrikaans na aansporing van:
We and Our Times are in God's Hands
A. W. Tozer
deur Nita Kearney, Gasskrywer
Comments