top of page

Wat is die Siel?


Markus 8:35-36 ….” want watse voordeel is dit vir ‘n mens as hy die hele wêreld ontvang en sy gees skade ly?


As ‘n kind het ons geleer die “siel "is binne ons, ons kan dit nie sien nie, maar dit is daar vir ewig en altyd!


Jim Packer het gesê jou siel is jou ‘persoonlike gewete’, die ‘ek” wat bepaal hoe ek myself herken. Jou siel, sê hy, is dit wat jou identifiseer en jou maak wie jy regtig is, die sitplek van jou gewete, herinneringe en gevoelens, sowel as jou verbeelding, jou eie oortuigings en jou verlange en toegeneentheid.


Génesis 2:7 sê vir ons dat God ons gemaak het van die stof van die aarde en toe het Hy Sy asem in ons geblaas en ons het lewend geword, ‘n lewende wese! Om dit te verstaan is van uiterse belang sodat ons kan besef wie ons is en hoekom die lewe so belangrik is. Adam was gevorm in 2 fases, eerstens van stof soos ook die diere van die veld maar, daar is nog ‘n fase, toe God Sy Asem in hom geblaas het, en dit maak ons anders as diere. Adam het ‘n lewende siel geword (Génesis 2:7) Daarom is ons gemaak volgens Sy Beeld (Génesis 1:26-27)


Jakobus 2:26 leer ons, die liggaam sonder die gees is dood. Alles in die lewe het ‘n oorsprong in die siel, dink aan musiek, kuns, jou eie gewilligheid..alles wat jy vermag in die lewe het ‘n oorsprong in die siel van die mens!


Wat van sonde?


Jakobus 1:14 leer ons die oorsprong van die sonde is ons eie versoekinge en begeerlikhede in die vlees. Begeerlikheid ontstaan in die wêrelds dinge en deur die vlees gedryf deur satan. Die probleem is dus waar dit ook al vandaan kom die sonde heg vas aan die siel. Die siel ontvang die begeerte en begin smag daarna en verlang om besit te neem daarvan dikwels aangedryf deur die vleeslike wellus.


Gaan die siel dood?


Matthéüs 10:28 leer ons die lewe het begin, maar dit is nie die einde nie! As die dood jou liggaam betree, lewe jou siel voort, vir ewig! Dit is hoekom dit so belangrik is om jou siel te bewaar. Jesus het ook geleer dat as jy jou lewe verloor terwille van Hom, sal jy die ewige lewe behou!


Waar gaan die siel dan na die dood?


Lukas 16:22 Hierin leer ons van die arm man wat na die boesem van Abraham geneem is, maar dit was nie sy liggaam nie, dit was sy siel! Die ryk man se siel is na die hel geneem. Ter opsomming, die dood neem die lewe van die liggaam maar nie van die siel nie. As jy sterf gaan jou siel na een van twee plekke, of na die hemel of na die hel vir ewige pyniging!


Jy het ‘n siel wat gered kan word of verlore kan gaan. Die keuse is joune! Om die siel te verloor is die uiterste wat kan gebeur want wanneer die siel in die hel beland, kan dit nooit weer terug gekry word nie!

Daarom, verstaan dat die siel is uiters kosbaar, bewaar dit en hou dit veilig vir die lewe hierna in Sy Koninkryk.


Vertaling deur : Nita Kearney

Gas Skrywer







5 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating
bottom of page