top of page
abstract picture in pinks and purple

K R U M M E L S 

Jou daaglikse woord van wysheid uit die Bybel, bemoediging vir jou lewenspad met Jesus.

17.04.2025

IN SY WIL


Wanneer ons deur moeilike tye gaan en groot ontberings beleef, is dit soms moeilik om te aanvaar dat God in beheer is van alles! Ja, Hy is, want jy is Sy kind en Hy het ‘n plan vir jou lewe! Jou lewe is tot in die fynste besonderheid beplan deur Hom en wanneer die moeilike tye kom, ook dit is in Sy Plan want Hy is besig om jou te vorm en deur die smeltoond te sit sodat jy rein en volmaak, volgens Sy plan, voor Hom kan staan! Coram Deo, Soli Gloria.  JMK

Filippense 2:13
‘want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na Sy welbehae.’

- Jy is vir God so waardevol dat Hy Sy aandag in jou belê.
- Hy wil sien dat jy alles word wat Hy bedoel het dat jy moet wees.
- Hy wil jou lewe as 'n instrument in Sy hand gebruik.
- Moet nooit onderskat wat God in en deur jou kan doen nie!

 Vader, dankie vir die werk wat U in my hart en siel doen. Maak my, vorm my en gebruik my, sodat ek 'n seën vir almal om my kan wees. Mag ek doen wat U behaag.

Amen.

Bybelstudie (Engels)

Acknowledgement :  Alive to God

Stuur vir my 'n boodskap, deel jou gedagtes, en kom ons reis saam.

© 2023 deur Ponderings. Alle regte voorbehou.

bottom of page