Nita Kearney
Vrye Vertaling : Erkenning : Merrit Malloy
Wanneer ek nie meer is nie,
Gee weg dit wat oorgebly het van my
Aan kinders
En die oues wat wagtend is op die dood….
Â
En as jy voel jy moet huil,
Huil vir jou broer of suster
Wat die pad langs jou wandel
​
En wanneer jy my nodig het,
Plaas jou arms
Om enigiemand
En gee vir hulle
Wat jy graag vir my sou wou gee
Â
Ek wil iets iets vir jou agter laat
Iets ver beter as woorde
Of geluide
Â
Soek na my
In die mense wat ek geken
Of voor lief was
En as jy my nie kan weggee nie
Tenminste, laat my voort lewe in jou oë
En nie in jou gedagtes nie
Â
Jy kan my die meeste liefhê
Deur
Hande wat hande aanraak
Toelaat dat liggaam wat liggaam aanraak
En deur kinders te laat gaan
Wat nodig het om vry te wees
​
Liefde gaan nooit dood nie
Mense doen
So, wanneer al wat ek agter gelaat het
Liefde is,
Gee my weg aan ander