top of page

Beskutting en Vryheid

Nita Kearney

Daar is ‘n verhaaltjie van ‘n sekere seuntjie wat ‘n perd gehad het en hy het die perd veilig gehou agter ‘n versterkte heining. Hy het dus die perd beskut teen enige gevare. Toe, eendag, het die heining van beskutting gebreek en die perd het uitgekom en voor ‘n motor ingehardloop en is dood.

So is dit ‘n vergelyking van ons eie lewens. Ons het beskuttings (heinings) om ons huise, om die swembad, waar die kinders speel, maar eintlik is die wette van ons land ook ‘n beskutting of figuurlike heining sowel as die filters wat ingebou is op die internet, alles om ons te beskerm. Ons besef nie altyd die gevare nie en soms voel ons aangetrokke tot die gevare wat ons omring. Die rede hiervoor is ons ingebore natuur om te hunker na vryheid, sonder enige grense of heinings! Die Woord is ‘n sodanige heining of beskutting vir ons.


As ongeredde het ons gesê ” ek kan my eie besluite neem” Spreuke 25:28 ” ‘n stad sonder ‘n muur om hom te beskerm, so weerloos is ‘n mens wat sy gees nie kan inhou nie” Ons dink ons is sterk en onafhanklik maar eintlik is ons baie swak, weerloos en ‘n gevangene van ons eie begeertes en slawe van ons sonde! Waneer die Heiligw Gees ons oortuig en bewusmaking van ons sonde tree in, dan word ons geestes oë oopgemaak en word ons bewus van die gevare wat ons omring. Dan alleenlik buig ons voor Hom as die Koning van ons lewe en verwelkom ons Sy wetgewing om ons die pad na die lewe aan te dui. Psalm 119:97 “Hoe lief het ek U wet!


Dit bly my elke oomblik by” Toe Christus aan die kruis gesterf het, toe het die ‘gordyn’, die beskutting in twee geskeur en verwyder (Efesiërs 2:14) ” Deur Sy liggaam te gee, het Hy die vyandskap afgebreek wat vroeër soos ‘n muur skeiding gemaak het” Die seremoniële wette is tot niet gemaak en die Evangelie is beskikbaar gemaak vir die Jood sowel as die heiden nasies. Nou kan ons tot die Allerhoogste nader deur genade en in geloof, deur die Bloed van Jesus!


As skape van die Herder, is ons veilig in Sy kudde. Ons kan dan vrylik God aanbid en geen ander gode nie. Ons is nou vry om in harmonie te lewe met ons medemens en ons familie en sodoende ons ouers te eer soos die Woord ons leer. Ons is vry van jaloesie, haat, nyd en begeertes en alleenlik toegewy aan ons liefde vir Hom en ons liefde teenoor ons naaste. Johannes 8 v 36 ”


As die Seun julle vrygemaak het, is julle waarlik vry” IS JY AL VRYGEMAAK DEUR DIE SEUN VAN GOD OF SKUIL JY NOG AGTER JOU EIE SKANS?

bottom of page