top of page

Deur U Oë my God

Nita Kearney

Exodus 33:20 Verder het Hy gesê: Jy kan my aangesig nie sien nie, want geen mens kan My sien en bly lewe nie.

Hoe groot is jou verlange om Hom te sien, om die oë van jou hart te open?

Ek het onlangs op youtube die voorreg gehad om ‘n blinde, dowe, autistiese seuntjie te hoor wat“open the eyes of my heart Lord” gesing het (Christopher Duffley - YouTube) 


Nie alleenlik het dit tot my siel deurgedring nie, maar dit het ‘n blywende impak gehad op my, as mens, as iemand wat sekerlik, soos baie mense, geseënd is met gesondheid, gulde geleenthede ens in die lewe, en te vra “ wat is jou intense begeerte?” Hierdie kind het sy hart uitgesing oor die geestelige oortuiging in sy hart teenoor sy grootste begeerte, om Hom te sien en Hom te mag aanbid vir wie Hy is. Hierdie kind wat blind en doof gebore is, as gevolg van die misbruik van verbode middels deur sy ma. Wanneer jy sy verhaal lees, dan besef jy die Grootheid van die Meester, die Soewereinheid van ons God wat alles laat uitwerk tot die verheerliking van Sy wonderlik Naam. Hierdie kind verheerlik die God wat ons aanbid met sy wonderlike gawe, sy sang en so word bewusheid gekweek by duisende omtrent die Grootheid van God, deur hierdie seuntjie se hele lewe tot in sy volwassenheid! Sy grootste begeerte om deur die oë van sy hart, God te mag sien!


Hoe groot is jou verlange om Hom te sien, om die oë van jou hart te open? Ons as mens kan Hom nie sien sonder om te sterf nie, maar ons kan vra dat ons harte so ingestel kan word om die leed van ander te aanskou en om die genade gawe wat ons ontvang het van Hom, te gebruik tot die uitbreiding van Sy Koninkryk!. Wat is jou gawe? Hoe gebruik jy dit tot eer van die Vader, lewe jy met oë op die ewigheid of met oë vir die wêreld? As jy na iemand kyk, is daar ‘n deernis in jou hart of is daar oordeel? Is die oë van jou hart al geopen en kyk jy na ander deur die oë van Jesus?


Ons as mens kan hom nie sien en bly lewe nie, maar ons kan deur die gesindheid van Hom te kweek in ons harte, ook ander sien deur Sy oë! My gebed is dat God so groot begeerte in jou hart sal plaas om Hom te verheerlik in jou lewe dat jy ook Sy deernis en Liefde sal ondervind teenoor ander deur die geestelike oë van jou hart te open! Coram Deo


bottom of page