top of page

Die Gebed

Nita Kearney

Die Here sal jou seën en jou behoed;
die Here sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees;
die Here sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.
Numeri 6:24-26

Liewe leser, nadat ek die kanker saal ingeloop het, jare gelede, en die mense jonk en oud met bleek gesigte vasgepen aan die masjiene gesien het, en toe soortgelyk met my dierbare suster ‘n pad geloop het met Hemodialise, het ek die Grootheid van God se Genade beleef en besef dat ek niks is sonder Sy Genade en alles wat ek het, insluitend my gesondheid, is maar net geleen! ​


Laat my nooit die grond verlaat nie.

Laat my in U skadu bly.

Gee dat elke aardse vreugde en vrees, eindelik nietig word vir my.

Elke afdraai paadjie ken ek.

Elke keer het ek verdwaal.

Elke keer het U my iewers kom haal.

Maak dit Heer, die laaste maal.

Elke dag is ’n gedagte.

Elke kamer net gehuur.

Elke aardse droom van rykdom en roem, net ’n skadu teen die muur.

Wat ek is, is net genade.

Wat ek het, is net geleen.

Eintlik smag ek na U waters van rus.

Lei my Heer vanaand daarheen ​


Erkenning Koos Du Plessis – ‘Die gebed’ ​


Laat ons dan nou vir hierdie genade vir mekaar bid. Laat ons God vra om ons geliefdes te oorstroom met Sy genade, want ons het vragte daarvan nodig. Daarom bid ek vandag graag vir jou: Die goedheid van ons Here Jesus Christus bly by julle almal. Amen



bottom of page