top of page

Die Kosbaarheid van God se Gedagtes vir Jou

Nita Kearney

Psalm 139:17 Hoe wonderlik is U gedagtes vir my, o God, hoe magtig hulle almal!

Soms, gaan dit swaar met ons, en moet ons herinner word dat ons in ʼn vervalle wêreld leef en dat God belowe het Hy sal ons nooit verlaat nie maar binne in die storms van ons lewe is Hy daar vir ons! Hy ken ons weë. ​ Goddelike alwetendheid bied geen troos aan die goddelose nie, maar vir die kind van God loop dit oor van vertroosting. God dink altyd aan ons,


Hy keer nooit Sy gedagtes van ons af weg nie,  Hy het ons altyd voor Sy oë; en dit is presies soos ons dit ondervind, want dit sou verskriklik wees om vir 'n oomblik buite die waarneming van ons hemelse Vader te bestaan Sy gedagtes is altyd teer, liefdevol, wys, verstandig, verreikend, en dit bring vir ons ontelbare voordele: daarom is dit 'n uitverkorene se belofte om dit te onthou. Die Here het altyd aan Sy volk gedink: vandaar hulle uitverkiesing en die genadeverbond waardeur hulle redding verseker is; Hy sal altyd aan hulle dink: daarom hulle finale volharding waardeur hulle veilig na hulle laaste rus gebring sal word. ​


In al ons omswerwinge is die waaksame Oog van die Ewige Wagter altyd op ons gevestig – ons dwaal nooit verby die Herder se oog nie. In ons smarte neem Hy ons onophoudelik waar, en geen pyn ontgaan Hom nie; in ons moeite merk Hy al ons moegheid, en  in Sy boek skryf Hy die stryd van Sy getroues. Hierdie gedagtes van die Here omsluit ons in al ons weë, en dring die binneste  van ons wese binne. Nie 'n senuwee of weefsel, van ons liggaamlike samestelling word nie deur Hom versorg nie; want tot die kleinste  gebeurtenis in ons wêreldjie word deur die Magtige God se denke waargeneem. ​


Vryvertaling : Erkenning  Charles Spurgeon

bottom of page