top of page

Doelgerigte Lewe

Nita Kearney

2 Timòtheüs 4:7 Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou.

God soek nie 'tru-spieël' gefokusde mense nie. God soek diegene wat vorentoe sal tree, vol vertroue dat God reeds daar is. Ons moet die goeie stryd veg en wen.


Ons moet die wedloop hardloop en dit voleindig. Ons moet God beter leer ken en alles geniet wat Hy vir ons het. Hy sal ons nie teleurstel nie! Hoséa 6:3 En laat ons ken — laat ons dit najaag om die Here te ken; Sy opgang is so seker soos die dagbreek, en Hy sal tot ons kom soos die reën, soos die laat reëns wat die aarde besproei. Die belofte is dat, terwyl ek en jy deurdruk, God sal reageer en in ons lewens sal arriveer. Kom ons kyk nie altyd in die truspieël van ons lewens nie, maar kom ons gryp vandag vas en benut dit, terwyl ons God vertrou met die groot prentjie en Hy dit openbaar en stukkie vir stukkie aan ons gee, met elke tree wat ons gee.! Erkenning: Pastoor Andrew W. Roebert


bottom of page