top of page

Dooie Werke

Nita Kearney

"Die wêreld gaan verby" (1 Joh. 2:17). "Die hele wêreld lê in goddeloosheid (1 Joh. 5:19).

Christene wat hul tyd en energie spandeer in maatskaplike diens, burgerlike hervorming, programme vir die opheffing van die gemeenskap, ens., vergeet dat hierdie wêreld soos 'n sinkende skip is. 


Hulle mors hul tyd en energie om die wrak te probeer red in instede van om individue uit die wrak te red. " Paulus het geleef in 'n dag toe die politiek korrup was, toe mag geregtigheid onder die voet vertrap het, toe die samelewing agteruitgegaan het, toe daar oor reinheid gelag is en onsedelikheid verhoog is. Hy het gesien hoe die sogenaamde "kuns en kultuur" duisende weglok terwyl dit hulle verlei het om leiding te neem van standbeelde, wat amper geleef het, en van geskrifte en prente, wat so veragtelik was dat dit alleenlik oortref is deur die werklike immoraliteit van Nero self. Tog vind u nooit dat hy aan politieke veldtogte deelneem nie, en ook nie sosiale hervorming aanspoor nie. Sy groot doel was om die Here Jesus Christus voor te stel as die Een na wie individue moet vlug vir redding.


Pastor Cornelius R. Stam / Two Minutes with the Bible

bottom of page