top of page

Gebroke Verhoudinge en Woede

Nita Kearney

Gebroke verhoudings is 'n werklikheid in 'n gebroke wêreld. Die Skrif erken dit ook in sy ontelbare vermanings om vrede met mekaar te soek en te volhard om mekaar lief te hê vir sover ons kan (Rom. 12:16-21; 1 Pet. 3:8-12).

Soms is 'n gebroke verhouding as gevolg van ‘n vrees dat dit op die verkeerde pad kan uitloop.

Miskien was jy verontreg en hierdie onreg is nog steeds onopgelos. Dit kan verbitterd en frustrerend wees, en jy dra dalk daardie frustrasie uit op maniere waarvan jy nie ten volle bewus is nie. ‘n Volwasse kind is ver van 'n ouer wat altyd onregverdige verwagtinge gehad het. 'n Broer of suster is ver van die res van die familie omdat hy dink hulle sien hulself as beter of verhewe bo wie hy is. ‘n Vriend voel deur 'n ander vriend verwerp nadat hulle soveel van hul lewens jare saam gedeel het. Die seer in hierdie verhoudings kan verband hou met 'n algemeen woedende uitbarstings teenoor die wêreld. My punt hier is dat hierdie gebroke verhoudings van hoop en begeertes kan ontbloot dit waaraan ons so styf vasklou dat ons kwaad en verdedigend is sonder hulle. Ook hier leer ons om hulle te identifiseer voor die Here, wat oneindig medelye het met ons pyn en seer. Lees maar die talle psalms oor verhoudingspyn (sien Pss. 22; 31; 35). As jy daardie begeertes aan die Here toevertrou, sal dit jou toelaat om in jou hart te vergewe soos dit gepas is en sal woede regtig laat verdwyn.


Jeremy Pierre / Tabletalk Magazine June 2022

(Vry vertaling)

https://tabletalkmagazine.com/article/2022/06/the-roots-of-sinful-anger/

bottom of page