top of page

Om te Begeer

Nita Kearney

Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie, jy mag nie jou naaste se vrou begeer of sy dienskneg of sy diensmaagd of sy os of sy esel of enigiets wat jou naaste s’n is nie.” — Eksodus 20:17

Om te begeer is om die gierige begeerte van dit wat 'n ander se eiendom is, te wil besit. Dit kan deur bedrieglike en selfs gewelddadige middele wees.

Beskou die pad van die 10 gebooie wat ons by hierdie opdrag gebring het. Gebooie ses, sewe en agt verbied ons om ander met ons dade te beseer of om 'n ander met ons woorde seer te maak. Dan, aan die einde van hierdie historiese, bekende gedeelte, word ons beveel om nie 'n ander in ons gedagtes te beseer nie!


'n Hoë roeping inderdaad ... maar daar is 'n vangplek. Om te begeer is om in 'n mens se hart te sondig. Niemand anders sien daardie sonde nie - behalwe natuurlik God. Om die waarheid te sê, alle dinge is oop en naak voor Hom ... daar is geen wegsteek van die waarheid vir Hom nie! Lukas 12:15-21 . ..en dan is daar nog een vangplek – hebsug is die wortel van alle sonde in woord en daad ( Jakobus 1:13-15 ).


Hierdie opdrag is deurslaggewend. Begeerlikheid is 'n wortel sonde probleem. Dus, die tien gebooie eindig met hierdie sterk aanmaning— Moenie iets begeer wat aan jou naaste behoort nie! Hier is die probleem: ons begeer baie dinge wat aan ons bure behoort! Ontevredenheid is die wortel van hebsug... ongeloof sal jou tot ontevredenheid dryf! Spreuke 29:25; Psalm 125:1 – om op die Here te vertrou is 'n veilige en gelukkige plek om te rus! 1. Om God te vertrou, waak teen ontevredenheid 2. Om God te vertrou, koester bevrediging in God 3. Bevrediging in God waak teen hebsug 'n Paar jaar gelede het 'n man in Detroit in sy agterplaas uitgestap, en op gekyk en 'n spikkel in die lug gesien. Dit het groter en groter geword.


Toe ontdek hy dit is iets lewends. ’n Sukkelende, lewende massa van iets wat stadig na die aarde afsak. Wat hy eers as 'n spikkel gesien het, het hom nou geopenbaar as twee groot blesarende in dodelike geveg. Die groot voëls baklei in die lug oor 'n vis. Die vis het reeds op die grond geval, maar die voëls het hul stryd voortgesit totdat hulle bloederig en uitgeput was. Met 'n laaste wilde gil het elkeen 'n noodlottige duik na die ander gemaak, en albei voëls het op die aarde neergeval—dood, langs mekaar , naby die man wat die hewige stryd van die lug aanskou het. Begeerlikheid...het albei van hulle vernietig. Vertrou God en geniet dit wat Hy vir JOU gegee het


Uittreksel en vry vertaling :Grace Baptiste Kerk, USA 715-387-3634 WI


bottom of page