top of page

Skaduwees

Nita Kearney

Herfs is oral sigbaar en die blare asem hul laaste somer asem uit. Die skad wees is soos lang swart vingers wat strek ook die velde wanneer die winter om die hoeke begin loer.

Sommige van ons hou nie veel van die Herfs nie en voel teneergedruk wanneer die seisoen begin.Dit gooi as’t ware ‘n skaduwee oor ons lewe. Dit voel vir sommige asof die seisoen van Herfs ‘n doodstyding vergesel. Inteendeel, dit is bloot ‘n teken dat ‘n seisoen wat verby is plek maak vir ‘n nuwe een wat begin. Presies soos die tye van ons lewe waar ons ook deur seisoene gaan en word ons daardeur bewus van die tydelikheid van ons lewensbestaan.(Job 10:21) Ons lewens is soos ‘n skaduwee (Job 8:9)


Die Woord se aaname van “skaduwee” word weer gegee met ‘n heel ander betekenis. Die skaduwees word na verwys as ‘n plek van God se beskerming en ook plek van vertroosting. Net soos Dawid beskutting gesoek het ten tye van Saul se vervolging, het hy ‘n skuilplek gevind in die skaduwee van God se Vlerke! So ook die hulpelose en diegene wat krag nodig het, is God nogsteeds ‘n skuilplek vir hulle. (Isa.25:4)want U is ’n verdediging vir die hulpelose, ’n Verdediging vir die behoeftige in sy benoudheid; ’n Skuilplek teen die storm, ’n Skaduwee teen die hitte, want die asem van die gewetenlose is soos ’n storm teen ’n muur.


Soos die skaduwee van ‘n magtige rots in ‘n verlate plek (Isa.32:2 ,3) Elkeen sal wees soos ’n toevlug teen die wind en ’n skuiling teen die storm, soos waterstrome in ’n droë land, soos die skaduwee van ’n groot rots in ’n geskroeide land. Dan sal die oë van die wat sien nie meer verblind wees nie en die ore van die wat luister, sal hoor. As gelowiges kan ons troos vind in die kaduwee van God se vleuels wanneer ons al ons leed en hartseer en ontberings en vrese van ‘n seisoen in ons lewe na Hom toe bring en die Skaduwee van die Almagtige ons rusplek maak. (Psalm 17:8)


Bewaar my soos 'n oogappel; verberg my in die skaduwee van u vleuels Mag u ook hierdie berusting en veilige vesting in u lewe vind, beskut deur die beskerming van die Aller Hoogste!


Verwysing: “shadows” Mary Beeke Table top Magazine 2023

bottom of page