top of page

Trots en Hoogmoed

Nita Kearney

Die Bybel praat van die gevare van hoogmoed en hoe dit tot geestelike dood kan lei. Spreuke 16:18 sê: "Hoogmoed gaan voor vernietiging, en 'n hoogmoedige gees voor 'n val." Hierdie vers is 'n waarskuwing teen hoogmoed en die gevare wat dit kan meebring

Dit is belangrik om die verskil tussen trots en nederigheid te verstaan. Trots word dikwels geassosieer met arrogansie, ydelheid en 'n gebrek aan nederigheid. Dit is duidelik sigbaar in die “eie ek” van vandag. Dit weerspiël die vergenoegdheid van die ‘self’  en aanspraak making op hulle eie behaalde sukses. Eie belang vestig dus op self. 


Dit word in die Bybel as sonde gesien en kan tot geestelike dood lei. Vandag word die eie ‘ek’ so opsigtiglik waargeneem en die ‘self’ verhoging op sosiale media, die’selfies’ wat oral geneem en gestuur word, die vertoning van jouself aan die wêreld het die patroon van die lewe geword. Alles word in die stryd gewerp om eenvormigheid met die vervalle wêreld te verkry. Alles gaan omtrent jou, wie en wat jy is en jou belangrikheid word verhoog vir almal om te sien. Geen sprake van enige Godelikheid of nederigheid teenoor die Skepper en Sy Genade in jou lewe nie. Net die ‘eie ek’. Dit is die lewe vandag en die ydelheid van die mens. Aan die ander kant word nederigheid as 'n deug in die Bybel gesien en word dit gesien as die weg na ware grootheid. Nederigheid word gesien as 'n eienskap wat in die Christelike lewe gekweek moet word.


Dit word gesien as 'n gesindheid van respek en onderwerping aan God en se wil. Dit word gesien as 'n eienskap wat in ons verhoudings met ander gekweek moet word. Die vertoning waar jy ‘n ander persoon voor jouself plaas, daardie sagte gees wat gee van jouself in omstandighede van swaarkry en leed.  Die ‘gee’ uit die bietjie wat jy het en nie uit oorvloed nie. Dit is ook die gees wat die noodkreet van ander aanvoel sonder om ‘n woord te uiter. Dit is dieselfde gees wat kniel voor God en vra vir leiding in alle omstandighede asook in dankbaarheid vir Sy Goedheid en Guns in jou lewe!


Mag God ons lewenspad bewaar van trots en hoogmoed en maak ons bewus op ons lewenswandel om die nederige voorbeeld van Jesus in Sy wandel op die aarde te omhels teenoor onsself en ander. “Die grootste onder julle moet bereid wees om die ander te dien. Wie hoogmoedig is, sal verneder word, en wie nederig is, sal verhoog word (Matteus 23.11-12)” Verwysings uit: Viral Believer.com

bottom of page