top of page

Wat Sal Jesus Doen?

Nita Kearney

En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen. Mattheus 25:40

Vandag het ek soos gewoonlik maar net die nodigste gekoop,en soos altyd, soek mens maar die goedkoopste. Terwyl ek so kyk na die rakke vang my oog ‘n man en onmiddelik is daar iets wat my neig om nader te kyk.

Hy het skoene wat sekerlik nie meer sole het nie, sy klere, ek kan sien, spreek van dat hy slaap êrens in die veld, en hy staan by die brood stalletjie. Hy vroetel in sy sak, en kry n paar munte in sy hand, skud sy kop en loop weg…R9 vir n spesiale brood het hy nie! Ek volg hom en sien hy is by die polonies, stukkies wat los gekoop kan word. Op daardie oomblik weet ek dat daar ‘n doel is waarom ek hom sien.


Die vraag kom dan “wat sal Jesus doen” en ek haal ‘n geldjie uit, loop soontoe en sonder om n woord te uiter, druk ek dit in sy hand en loop weg. My boodskap vir vandag….Dit, my liewe vriend is wat God van ons verlang, kyk weg van jouself en kyk na ander, en waardeer wat jy het, want dit is net geleen, gebruik dit in watter mate ookal tot die uitbreiding van Sy Koninkryk. Mag God jou daartoe lei.


Jesus Groete



bottom of page